Steenmakers vat hande met Italiaanse besigheid

'Ekonomiese groei bevorder'

31 October 2018 | Infrastruktuur
Augetto Graig



'n Namibiese boutegnologie-innovasiemaatskappy het sopas 'n nuwe fase van ontwikkeling betree.

Kavango Block Brick (KBB) se vennootskap met die Italiaanse maat­skappy CGM SRL het dié nuwe fase teweeg gebring.

'n Nuwe C90-messelwerkblokmasjien maak dit nou moontlik om geprogrammeerde en deurlopende produksievermoë tot 1 000 palette per skof van agt ure te verhoog.

Mnr. Heinrich Schroeder, KBB se stigter, is trots op die gehalte produk wat nou by sy fabriek in Windhoek se noordelike nywerheidsgebied vervaardig word.

“Die vervaardigingsaanleg is besig met voorbereiding om 'n verskeidenheid betonprodukoplossings te kan verskaf,” sê hy.

Die eerste fase van dié ontwikkeling behels die vervaardiging van 'n reeks messelwerk-blokprodukte.

Daarná sal KBB fokus op die verskaffing van moderne tegnologie vir die blokprodukte wat nodig is om grootskaalse ondergrondse infrastruktuur te bou.

Volgens Schroeder maak die plaaslike vervaardiging van hierdie produkte die bou van “slim” stede, wat op rasionele ontwerp gebaseer is, makliker.

“Ek glo die kombinasie van ons twee maatskappye se tegniese kennis sal ekonomiese groei bevorder deur die skep van bykomende aanlegte vir die vervaardiging van 'n ver­skeidenheid beton-produkoplossings,” sê hy.

Schroeder het ook 'n nuwe plan vir die mengsel waaruit blokke gedruk word en dít bied “die antwoord om te verseker dat pryse val”, sê hy.



DIGTER, LIGTER STENE

Dié mengsel se bestanddele kom volop in Namibië voor en verskaf stene wat digter, maar ligter is, sê hy.

Schroeder is tans besig om die Namibiese Instituut vir Standaarde (NSI) te nader om sy produkte te toets en te sertifiseer.

“KBB het al baie toekennings vir gehalte en uitnemendheid gewen. Ons moet hierdie hoë standaarde handhaaf en voortgaan om te doen wat ons sê ons doen,” sê ­Schroeder.

Hy beplan om Namibië van die aanleg af van produkte te verskaf voor kleiner vervaardigingspunte later landswyd opskiet.

Die vennootskap beoog ook om vier studente na Italië te stuur vir gevorderde opleiding in die vervaardiging van gevorderde betonoplossings, soos paaie, asook gevorderde tegnologie vir grootmaat-infrastruktuur.

Schroeder sê hy wil graag met die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) saamwerk, terwyl jong Namibiese ambagsmanne opleiding by die perseel sal ontvang.

“Ons is wel 'n klein land wat bevolking en grootte betref, maar ons dink nie klein nie. Ons kan Afrika se ouboet in die bou­bedryf wees.

“Met 'n oorvloed natuurlike hulpbronne het ons net die masjinerie en tegnologie nodig om die Growth at Home-benadering te bevorder deur die jeug by gevorderde vaardigheidsopleiding te betrek. Afrikane kan hul eie huise bou en ontwerp, wat die basisstruktuur insluit,” sê hy.

“Daar is ander maniere om behuising te verskaf, en ander benaderings tot eindgebruikerfinan­siering. Ek glo ons moet heroorweeg hoe ons huisfinansierings­pakkette aanbied. Ons moet anders dink oor die huidige stelsel waarvolgens 'n daaglikse verbandkoers geïmplementeer word om voorsiening vir ons lae inkomste­groepe te maak,” sê hy.

Soortgelyk

 

Geingob vergader met Nanso oor studiegeld

6 ure gelede | Onderwys

Me. Ester Simon, president van die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso), het pas bevestig die organisasie vergader vandag by Staatshuis met pres. Hage Geingob...

Mexikaanse sakeman wil Erindi koop

7 ure gelede | Omgewing

Die internasionale entrepreneur, filantroop en president van die konsortium BAL-groep, mnr. Alberto Baillères, 'n gerespekteerde Mexikaanse sakeleier, is besig om die kooptransaksie met Erindi...

Katrina hoor Maandag 8 Julie

8 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Regter Christie Liebenberg het vandag gesê hy sal nie later nie as 8 Julie uitspraak lewer in die verhoor van me. Katrina...

Theo Diergaardt voor vir beweerde bedrog

9 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die beheeraanklaer van die landdroshof in Windhoek, mnr. Hans Thourob, het bevestig mnr. Theo Diergaardt, oudminister van grondhervorming, is gister inhegtenis geneem.Volgens...

Windhoek se waterverbruik in die rooi

10 ure gelede | Omgewing

Die Windhoekse munisipaliteit sê oor die afgelope week het Windhoekers 7% meer water gebruik as wat huidige teikens vir waterbesparing toelaat. Die weeklikse teiken is...

Dit moes lankal gebeur het, sê Kanime.

11 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Oomblikke nadat hy gisteraand heraangestel is, het mnr. Abraham Kanime aan Republikein gesê dit moes lankal gebeur het.Die Windhoekse stadsraad het gisteraand...

Raad sit oor polisiehoof

21 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) sou gisteraand vir mnr. Abraham Kanime as hoof van die stadspolisie heraangestel het.Kanime is in Maart verlede jaar...

Windhoek droogste in 90 jaar

21 ure gelede | Weer

Ronelle Rademeyer - Die 2018-’19-reënseisoen sal vir die oorgrote deel van die land in die geskiedenisboeke opgeteken staan as van die droogste in menseheugenis.Die statistiek...

Katrina se lot gou bepaal

21 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Onder gewone omstandighede is die staat se verantwoordelikheid om skuld bo redelike twyfel te bewys.In die geval van die oudgoewerneur van die...