Steenmakers vat hande met Italiaanse besigheid
'n Nuwe boutegnologie-vennootskap werp vrugte af.
Augetto Graig
'n Namibiese boutegnologie-innovasiemaatskappy het sopas 'n nuwe fase van ontwikkeling betree.
Kavango Block Brick (KBB) se vennootskap met die Italiaanse maatskappy CGM SRL het dié nuwe fase teweeg gebring.
'n Nuwe C90-messelwerkblokmasjien maak dit nou moontlik om geprogrammeerde en deurlopende produksievermoë tot 1 000 palette per skof van agt ure te verhoog.
Mnr. Heinrich Schroeder, KBB se stigter, is trots op die gehalte produk wat nou by sy fabriek in Windhoek se noordelike nywerheidsgebied vervaardig word.
“Die vervaardigingsaanleg is besig met voorbereiding om 'n verskeidenheid betonprodukoplossings te kan verskaf,” sê hy.
Die eerste fase van dié ontwikkeling behels die vervaardiging van 'n reeks messelwerk-blokprodukte.
Daarná sal KBB fokus op die verskaffing van moderne tegnologie vir die blokprodukte wat nodig is om grootskaalse ondergrondse infrastruktuur te bou.
Volgens Schroeder maak die plaaslike vervaardiging van hierdie produkte die bou van “slim” stede, wat op rasionele ontwerp gebaseer is, makliker.
“Ek glo die kombinasie van ons twee maatskappye se tegniese kennis sal ekonomiese groei bevorder deur die skep van bykomende aanlegte vir die vervaardiging van 'n verskeidenheid beton-produkoplossings,” sê hy.
Schroeder het ook 'n nuwe plan vir die mengsel waaruit blokke gedruk word en dít bied “die antwoord om te verseker dat pryse val”, sê hy.
DIGTER, LIGTER STENE
Dié mengsel se bestanddele kom volop in Namibië voor en verskaf stene wat digter, maar ligter is, sê hy.
Schroeder is tans besig om die Namibiese Instituut vir Standaarde (NSI) te nader om sy produkte te toets en te sertifiseer.
“KBB het al baie toekennings vir gehalte en uitnemendheid gewen. Ons moet hierdie hoë standaarde handhaaf en voortgaan om te doen wat ons sê ons doen,” sê Schroeder.
Hy beplan om Namibië van die aanleg af van produkte te verskaf voor kleiner vervaardigingspunte later landswyd opskiet.
Die vennootskap beoog ook om vier studente na Italië te stuur vir gevorderde opleiding in die vervaardiging van gevorderde betonoplossings, soos paaie, asook gevorderde tegnologie vir grootmaat-infrastruktuur.
Schroeder sê hy wil graag met die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) saamwerk, terwyl jong Namibiese ambagsmanne opleiding by die perseel sal ontvang.
“Ons is wel 'n klein land wat bevolking en grootte betref, maar ons dink nie klein nie. Ons kan Afrika se ouboet in die boubedryf wees.
“Met 'n oorvloed natuurlike hulpbronne het ons net die masjinerie en tegnologie nodig om die Growth at Home-benadering te bevorder deur die jeug by gevorderde vaardigheidsopleiding te betrek. Afrikane kan hul eie huise bou en ontwerp, wat die basisstruktuur insluit,” sê hy.
“Daar is ander maniere om behuising te verskaf, en ander benaderings tot eindgebruikerfinansiering. Ek glo ons moet heroorweeg hoe ons huisfinansieringspakkette aanbied. Ons moet anders dink oor die huidige stelsel waarvolgens 'n daaglikse verbandkoers geïmplementeer word om voorsiening vir ons lae inkomstegroepe te maak,” sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie