Stedman klop kampioen oor laaste meters
Marc Pritzen, die 947-kampioen van 2019 en die huidige 2021 Suid-Afrikaanse padfiets- en o.23-tydtoetskampioen, kon nie die 19-jarige in ’n naelrit na die eindstreep klop nie.
Tielman van Lill
Die 22-jarige Marc Pritzen het Sondag in koel bewolkte weer tweede in die 25ste jaarlikse 947 Ride Joburg-padfietsren in Gauteng, Suid-Afrika, geëindig.
Pritzen, die 947-kampioen van 2019 en die huidige 2021 Suid-Afrikaanse padfiets- en o.23-tydtoetskampioen, kon nie die 19-jarige Travis Stedman in ’n naelrit na die eindstreep klop nie.
Stedman was nie die gunsteling om te wen nie, maar sy tyd van 2 uur 13 minute 30 sekondes oor die 97 kilometer was goed genoeg om eerste oor die eindpunt te jaag met Pritzen en Chris Jooste (derde) warm op sy agterwiel.
Vroeg in die wedren het ’n groep ryers van sewe weg gebreek wat ’n minuut voorsprong op die peloton en Pritzen gehad het. By die halfpadmerk het die groep na vyf verminder. Pritzen het hom toe by die voorste groep aangesluit waar hy hard vooraan gewerk het.
Met ongeveer 10 km oor was die peloton sowat ’n minuut agter Pritzen-hulle en dit was onwaarskynlik dat die peloton hom en die ander vyf ryers sou inhaal. In die laaste paar kilometer het die voorste ryers mekaar met valkoë dopgehou om ’n wegbreek te verhoed.
Pritzen het op Facebook gesê: “Ek het Sondag my beste met die 947 Ride Joburg gedoen. Ek kon nie my titel suksesvol verdedig nie en moes met die tweede posisie tevrede wees.
“Ek het gedobbel om die groep na die eindstreep te lei en met ’n naelrit ’n groter kans vir ’n sege gestaan. Eerder dit as om op my eie te probeer wen. Baie geluk aan shesharacingu23 en Travis vir sy oorwinning.”
Die vroue-afdeling is aanvanklik deur die Brit, Emma Pallant, in 2:40:32 gewen met Ashleigh Moolman-Passio tweede met 2:40:56. Die 32-jarige Pallant is egter van haar titel gestroop nadat dit bekend geword het dat sy by die Kyalami-renbaan onwetend kortpad gevat het toe sy agter die leiermotor aangery het.
Sy was onverklaarbaar voor mansryers en het skielik ’n voorsprong van meer as drie minute (en plaas van net meer as een) op die res van die vroue agter haar gehad.
Moolman-Passio is as die wenner (vir die vyde keer) aangewys met Maude le Roux tweede en Joanna van de Winkel derde. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie