Starlile takel die vreemde in Kampala
African Stars het nie die beste seisoen in die Namibiese Premierliga (NPL) agter die rug nie, maar hoop beskaam nie vir die ewig ambisieuse klub nie.
Die Namibiese Sokkervereniging (NFA) wens Africans Stars alles van die beste toe wanneer dié klub Vrydag vir sy tweede wedstryd in die Konfederasie vir Afrika-sokker (CAF) se Kampioeneliga teen Kampala Capital City Authority (KCCA) in Uganda op die veld stap.
Die vorige wedstryd in die eerste groepronde tussen die twee klubs was op 10 Augustus in die Sam Nujoma-stadion in Katutura, waar Starlile die besoekers se aanslag met 3-2 kortgeknip het.
Stars sal graag in Kampala wil wen om sy tasse vir die tweede been te pak.
Mnr. Franco Cosmos, ondervoorsitter van Fifa se normaliseringskomitee vir Namibiese sokker, sê Namibiërs moet Stars sover moontlik ondersteun.
“African Stars is daartoe verbind om ons vertoonvenster vir Namibiese sokker in die res van Afrika te wees. Ons wens hulle alle voorspoed toe en hoop hulle kan ons opnuut trots maak. Hulle bly ons enigste hoop in kontinentale kompetisies en ons by die NFA is baie trots op Stars.
“Dit verg baie vir 'n klub om suksesvol in Afrika-sokker buite jou tuisland in die elite Kampioeneliga mee te ding. Stars het die verantwoordelikheid op hulle geneem om Namibië te verteenwoordig en daarvoor salueer ons hulle.
“Ons versoek die ondersteuners van alle klubs om enige verskille opsy te skuif en Starlile te ondersteun, want hulle laat die Namibiese vlag vir ons almal hoog wapper,” het Cosmos gesê.
Die tellings van beide wedstryde bepaal die wenner op aggregaattelling. Stars het tans 'n skrale voorsprong van een doel, maar met die Ugandese se twee doele in die wegwedstryd is hulle nog gewis nie begrawe voor Vrydag se tuiswedstryd in die Lugogo Startimes-stadion in Kampala nie.
African Stars se spelersgroep na Kampala is: Ratanda Mbazuvara, Mbemutjiua Mata, Dennis Tjetjinda, Tjiuana tja Tjatindi, Ivan Kamberipa, Pat-Nevin Uanivi, Edmund Kambanda, Obrey Amseb, Youssouf Ibroihim, Ronald Ketjijere, Marcel Papama, Alfeus Handura, Gustav Isaak, Treasure Kauapirura, Gabriel Kapopo, Chrispen Mbewe, Deon Tjizumaue, Kaejarukapo Katjimune.
- www.NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie