Star vra vrae oor R500 m. Pepkor-skuld
Star vra vrae oor R500 m. Pepkor-skuld

Star vra vrae oor R500 m. Pepkor-skuld

Janice Kew – Steinhoff Africa Retail (Star) gaan teen die einde van Augustus hoor presies hoeveel hy vir ’n omstrede bestuurs-aansporingsplan gaan moet betaal.

Die maatskappy wat klerewinkels soos Pep en Ackermans besit, het in Mei gewaarsku hy moet soveel as R500 miljoen hiervoor betaal.

Die plan is in 2011 deur Pepkor Holdings opgestel toe Star nog deel van Christo Wiese se Steinhoff International was.

Steinhoff het Pepkor Holdings in 2015 gekoop en vorm vandag die grootste deel van Star.

Star het die Kaapse prokureursfirma Bowmans aangestel om vas te stel hoe die kleinhandelaar steeds vir die ooreenkoms verantwoordelik is.

Volgens die plan is 44 van Pepkor se bestuurders toegelaat om geld by die maatskappy te leen en in die maatskappy te belê. Die lenings is deur die maatskappy gewaarborg.

Jayendra Naidoo, voorsitter van Star, sê hy verwag Bowmans sal binne ses weke terugvoering verskaf.

Risiko’s

“In dié stadium sê ons net daar is ’n kans dat ons dit gaan moet betaal en ons maak voorsiening daarvoor,” sê Naidoo.

“Ons standpunt is duidelik: Ons wil die skuld invorder en ’n sinvolle manier vind hoe om die risiko’s te versag. Ons weet nie almal kan bekostig om daardie lenings terug te betaal nie.”

Die moontlike afskryf van die skuld is een van vele uitdagings waardeur Star in die eerste tien maande as genoteerde maatskappy in die gesig gestaar is.

Sy aandeleprys het geval nadat Steinhoff, wat ’n 71%-belang in Star besit, in Desember aangekondig het dat daar rekeningkundige probleme is. Dit is ongeag die feit dat daar geen probleme met Star se finansiële state was nie.

Beleggersvertroue het onlangs ook skade gelei weens die geskil tussen Star se bestuur en die stigters van Tekkie Town.

Pepkorplan

Die Pepkorplan is geskep omdat, as ’n geslote onderneming, kon bestuurders nie aandele in die maatskappy koop en dan voordeel uit sy groei trek nie.

’n Maatskappy genaamd Business Ventures Investments 1499 (BVI) is geskep om dié probleem op te los.

Bestuurders kon in BVI belê, wat weer ’n belang in Pepkor bekom het.

Sommige bestuurders het hul eie geld gebruik om ’n belang in BVI te bekom, maar ander het weer geld by Pepkor en FirstRand se Rand Merchant Bank (RMB) geleen.

Die RMB-lenings is deur Pepkor gewaarborg.

‘Eerste prys’

Wiese dink steeds die plan was ’n goeie plan, al is hy nie meer by Star betrokke nie.

“Vir my wen jy die eerste prys wanneer bestuurders self soveel moontlik aan die lotgeval van die maatskappy blootgestel is,” sê hy in ’n telefoniese onderhoud.

“Dit laat my ontspan wanneer my bestuurders en aandeelhouers saamstaan. Ons swem saam; ons sink saam.”

Toe Steinhoff Pepkor gekoop het, het die transaksie ook al Pepkor se aanspreeklikhede, onder meer die waarborge vir hierdie lenings, ingesluit.

Die Pepkor-aandele wat BVI besit het, is in Steinhoff-aandele verander, maar dit het in Desember in duie gestort nadat die skandaal onthul is.

Dit beteken sommige van die bestuurders kan nie die aandele gebruik om die lenings terug te betaal nie, wat beteken Star gaan nou moet pa staan vir die skuld.

Theo Botha, ’n belegger en aktivis vir korporatiewe bestuur, sê volgens die struktuur word daar “met aandeelhouers se geld gedobbel”.

Hy sê ook aandeelhouers is nie betyds oor die risiko’s ingelig nie.

BVI besit 43,2 miljoen aandele in Steinhoff. Teen die middel van Desember het hy sowat R440 miljoen aan die bank geskuld.

Met dié dat Steinhoff se aandele teen minder as R10 elk verhandel het, beteken dit die skuld kon nie meer met die aandele betaal word nie.

Naidoo sê die vraag oor hoekom beleggers nie vroeër oor die waarborg aan BVI ingelig is en hoekom die Steinhoff-aandele nie in Star-aandele verander is nie, is “geldige vrae”.

Hy sê Star probeer sedert Desember om groter probleme wat geskep is weens sy noue skakeling met Steinhoff op te los.

Daar is eers onlangs na ander kwessies gekyk.

“Daar was baie min openbaarmaking, indien enige,” sê Botha.

“Waarom moet ’n nuwe maatskappy die rekening betaal? Die uitvoerende bestuur moet self betaal.”

– Fin24

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%