Star Alliance-baas gee raad
Estelle de Bruyn in Cancun, Mexiko - Die grootste vraag vir enige redery is: Wat is die relevansie van die redery?
Só het Jeffrey Goh, die uitvoerende hoof van die grootste lugredery-alliansie, Star Alliance, op 'n vraag van Republikein geantwoord oor Air Namibia se toekoms.
"Wat is die rasionaal vir die bestaan van 'n lugredery? 'n Redery kan nie al die gevegte wen nie.
"Wat maak sin? Dink aan die relevansie van die redery en besef wat die kliënte nodig het en wat die vereistes is. Kry die basiese goed briljant reg," was sy antwoord.
Goh sê die sakedeel van lugvaart beweeg so vinnig en dat kommersiële strategieë noodsaaklik is.
Star Alliance is een van die wêreld se grootste lugalliansies. Dit is in Mei 1997 gestig met sy hoofkwartier in Frankfurt, Duitsland. Teen 2016 was Star Alliance die grootste globale alliansie met meer as 689,98 miljoen passasiers, voor SkyTeam se 665,4 miljoen en OneWorld se 557,4 miljoen passasiers.
In 'n veranderende wêreld is samewerkingsooreenkomste tussen rederye ook noodsaaklik asook uitstekende korporatiewe bestuur wat aan die vereistes van enige alliansie moet voldoen.
Goh is 'n uitstekende karakter om die rol as hoof van die wêreld se grootste alliansie te vervul. Hy kom uit 'n agtergrond van die die akademie, die regte, poste by die Internasionale Lugvervoervereniging (IATA) en nou as hoof van die Star Alliance.
Hy sê sy instansie staan gereed om enige gesamentlike ondernemings onderling tussen rederye by te staan.
Dit is egter nie vir almal nie, want waar dit plaasvind, moet 'n redery 'n sekere mate van outonomie, prysreëlings en skedules prysgee.
So 'n gesamentlike ooreenkoms kom volgens Goh ook ná jare van onderhandelinge.
Volgens Goh is lugvaartalliansies meer kommersieel van aard in mededinging, maar wat beste praktyke in krisisbestuur betref en die onderlinge deel van inligting om die reisende publiek beter te dien, is daar wel samewerking.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie