Staptog skud etikette af

'n Vrou en twee San-mans het binne 31 dae van Tsumkwe in die Ooste af na die see in die Weste gestap.
Tanja Bause
“Die San glo as jy handevat, word jy 'n grootmens. So ek het hul hande gevat en gesê ons is nou groot en sterk en nie bang nie. En ons het aangestap.

“Ek sal nooit in my lewe die uitdrukking op Kamache se gesig vergeet toe hy vir die eerste keer in sy lewe die see gesien het nie.”

Aan die woord is Aleksandra Orbeck-Nilssen (27) nadat sy en twee San-mans, !Ui en Kamache, binne 31 dae 1 491 km van die Ooste van Namibië af na die see in die Weste gestap het.

“Is die see kwaad vir ons? Het ons iets verkeerd gedoen, of hoekom raas dit so?” het Kamache gevra.

Aleksandra het vir hom gesê die see is net bly om hulle te sien. Saam het die drie hand aan hand tot kniediep in die water geloop.

Vroeg in April het die twee Ju/'hoansi-mans, !Ui en Kamache, en Aleksandra, op hul staptog #TakeItOff vir die #SANwalk uit die Nhoma-nedersetting by Tsumkwe vertrek.

#TakeItOff fokus op die etikette wat ons aan mense heg en wat ons daagliks met ons saamdra.

“Verskeie etikette word aan die San geheg. Etikette van alkoholmisbruik en van primitief wees. Ek het self baie etikette wat aan my gegee is. Tydens die staptog wou ons mense dwarsoor die wêreld aanmoedig om van hul etikette ontslae te raak en dit agter te laat.

“Ons het niks geld saam met ons gevat nie. Ons wou net die antieke oorlewingskuns van die San en my moderne kennis gebruik om die staptog see toe te doen,” het Aleksandra gesê.

Die driemanskap het gejag waar hulle toegelaat is om dit te doen. Verder het hulle in die veld kos versamel en daarvan geleef. Aleksandra het haar moderne kennis ingespan en elke keer wanneer hulle nader aan groot dorpe gekom het, het sy dit op Facebook aangekondig. Mense het gereageer en vir hulle slaapplek en kos aangebied.

!Ui en Kamache was aan die begin van hul reis baie skaam en teruggetrokke, maar soos die reis gevorder het, het die twee mans ontdooi en later selfs met trots hul wapens en klere aan mense gewys en verduidelik.

“Kamache het nog nooit eers 'n teerstraat of 'n renoster gesien nie. Hy was nog nooit uit Tsumkwe nie en nie een van die twee het al die see gesien nie,” het Aleksandra gesê.

Volgens haar was die mense wat hulle op hul staptog teëgekom het, baie vriendelik en gasvry.

“Die Himbas by Purros het selfs 'n bok vir ons geslag en die toekoms van ons reis vir ons in die derms gelees. Ons het by plaasboere en mense in die Kavango­streek tuisgegaan.”

Hulle het snags onder die sterre langs 'n kampvuur geslaap. Met hul staptog het die drietal deur die Kaudom-natuurreservaat gestap waar hulle nog vier kilometer ver in die donker gestap het ná die son gesak het.

“Ons moes versigtig en saggies loop, want een van die olifante het nie daarvan gehou dat ons in sy gebied was nie. Maar met die Ju/'hoansi se kennis was ons nooit in enige gevaar nie.”

Die drie het ook saam met spoor­snyers van die Save the Rhino Trust (SRT) ­renosters gaan soek.

Toe Kamache sy eerste renoster sien, kon hy sy oë nie glo nie.

“Hy het gesê dit lyk soos 'n olifant, net baie kleiner en korter. Hy't onmiddellik begin om hul geluide na te aap,” lag Aleksandra.

Die staptog het hulle deur die suidelike gebied van die Kavangostreek, die Mangetti Nasionale Park, tot by Tsintsabis geneem. Hulle het deur die La Rochelle- en Ongava-wildreservaat gestap. Van Kamanjab af het hulle tot by Purros gestap en van daar af sou hulle met die Hoanib­rivier tot by die see geloop het.

“In die Hoanib het ons op 'n groep Suid-Afrikaanse toeriste afgekom. Die mense het ons vir 'n pannekoek-ontbyt genooi. Een ding wat ek by die San geleer het, is wanneer daar nie kos is nie, konsentreer jy nie op die honger nie. Jy eet wat jy tot jou beskikking het. Maar wanneer daar kos is, dan eet jy dat jy bars. Dis presies wat ons gedoen het. Dit was heerlik.”

Die stappers kon nie met die Hoanib­rivier see toe loop nie, omdat daar nog water in die rivier was.

“Ons is aangeraai om eerder weer in 'n suidelike rigting te loop en met die Uniab­rivier tot by die see te stap. So ons het Noord en Suid gestap, terwyl ons eintlik net van die Ooste na die Weste toe wou stap, maar soms was dit weens plase en ander logistieke redes nie so maklik nie - iets wat die twee mans nie kon verstaan nie. Vir hulle was dit eenvoudig see toe stap en klaar.”

Toe hulle in die duine stap, het Kamache gevra waar al die bome dan is. Hy het die spore van diere gesien en besef dat daar ook in die duine lewe is.

Die laaste aand in die duine voor hulle die see bereik het, kon hulle al die see hoor en beide mans was bang.

Vroeg die volgende oggend het hulle stadig deur die duine see toe gestap.

“Ons het gemiddeld so 45 kilometer per dag teen 'n redelike spoed afgelê. Maar nou het ons besef dat die reis tot 'n einde gekom het en ook was daar die groot onbekende see voor ons,” het Aleksandra gesê.

Sowat 200 m voordat hulle die see bereik het, het die mans besluit dit is naby genoeg en hulle is nou klaar, maar saam is hulle tot in die see in.

Aleksandra het saam met !Ui en Kamache altesaam 1 491 kilometer binne 31 dae afgelê.



'n Model se lewensverandering

Aleksandra is in Noorweë gebore en was al op 14-jarige ouderdom 'n professionele model wat op die voorblaaie van tyd­skrifte soos Vogue en Elle gepronk het. Sy het sedertdien eers in Parys en toe in New York gebly en daar as model gewerk.

“Ek het sewe dae 'n week gewerk en 175 dae per jaar deur verskillende tydsones gereis,” het sy vertel.

Toe sy 18 was, is sy in New York met 'n pistool aangehou en beroof.

“Dit was my wekroep. Ek het besef dat ek 'n glansryke lewe lei, maar dat my lewe geen sin het nie. Modelwerk is werk, maar dit is nie lewe nie,” het sy gesê.

Dit was die oomblik toe sy besluit het om 'n verandering in haar lewe te maak. Aleksandra wou nog altyd die wêreld sien en nie eintlik modelwerk doen nie - en nou was haar kans.

“Ek het in my woonstel gesit en 'n aardbol gevat en besluit ek sal na die land toe gaan waarop my vinger land. Ek het my oë toegemaak en my vinger het op Namibië geland. In 2009 het ek toe New York verlaat en in Namibië aangekom.”

Sy wou egter nie bloot net nog 'n toeris in 'n nuwe land wees nie. Sy wou terugploeg in die gemeenskap in.

Aleksandra het toe met haar aankoms in die land by 'n organisasie wat by die bewaring van diere betrokke is, begin werk.

“Aanvanklik sou ek net vir twee weke daar gewerk het, maar die twee weke het 'n maand geword. Dit was vir my baie maklik om langer aan te bly. Namibië het soos my huis gevoel. Hier was ek vry,” het sy gesê.

Volgens Aleksandra was sy aanvanklik soos enige ander Westerling. Sy wou die arm mense in Afrika red.

“Om met diere te werk het regtig my oë oopgemaak, want jy kan nie 'n dier 'bullsh_t' nie. Hulle sien reg deur jou. Maar my groot lewensverandering het gekom toe ek die eerste keer die San-mense van Namibië ontmoet het. Ek het eers gedink hulle het niks nie, maar ek het baie vinnig agtergekom dat ék die een is wat arm is en niks het nie. Hulle het so baie om te gee. Hulle leef nie net in die natuur nie. Hulle ís van die natuur en toe ek dit besef, het my lewe verander.”

Aleksandra het Afrikaans leer praat en het die Nanofasa Conservation Trust in die Nyae Nyae-bewaringsgebied begin.



Nanofasa bemagtig die San

Nanofasa werk nóú saam met die San-mense om volhoubare projekte te ontwikkel wat gemeenskappe kan bemagtig en wat kan bydra tot die beskerming van die natuur, kultuur en ekostelsel waarin hulle woon.

“Nanofasa is 'n innoverende organisasie wat projekte ontwikkel wat begrip toon vir kulturele en natuurlike volhoubaarheid. Ons wil bewys hoe 'n niewinsgewende organisasie kragte met die San-gemeenskappe kan saamsnoer om sáám aan kultuur, bewaring en maatskaplike doelwitte te werk. Op die langtermyn gaan dit oor bemagtiging en groei, terwyl ons die omgewing en sy mense bevoordeel,” het Aleksandra gesê.

Nanofasa is gestig met die doel om San-gemeenskappe ekonomies aan te spoor deur eko-avontuurtoerisme. Op dié wyse is The Barefoot Academy met sy drie takke (die jagter, die versamelaar en die geneser) gebore. Deur middel van hierdie akademie word vaardighede aan die volgende geslag San-mense oorgedra en word hul kultuur bewaar, die natuur beskerm en werksgeleenthede geskep.

“Die San-gemeenskap dra hul eeue oue kennis oor. Ons onttrek ou kennis en skep volhoubare werk. Dit is waarna ons almal behoort te streef: iets wat ons elke dag gelukkig maak. Ons haat Maandae en leef net vir Vrydae. Dit is geen manier om te leef nie. Ons wens ons lewens verby. Die San doen waarvoor hulle lief is.”

Die San-dal-projek van die Ju/'hoansi is een van die projekte wat deur Nanofasa begin is.

“Ons het op die oomblik 'n bestelling van 14 000 paar San-dals wat met die hand uit elandsvel gemaak word en na Brittanje gestuur moet word. Ons lewer die skoene sodra hulle klaar gemaak is.

“Ek sê nie vir die mense hulle moet soveel dae 'n week of soveel ure werk nie. Hulle werk soos dit hulle pas. Ek verseker jou hulle is elke oggend voor sewe op hul pos en besig om skoene te maak.

“Sodra jy iets doen waarvoor jy lief is, hoef jy nooit weer 'n dag te werk nie. Dit is een van die wyshede wat ek by die San geleer het,” het Aleksandra gesê.



!Ui

!Ui is Kamache se oom. Hy is 'n meesterspoorsnyer, -natuurbewaarder en -jagter. In 2013 was hy een van drie Ju/'hoansi-mans wat na Frankryk gevlieg is om ­voetspore in 'n grot te lees en aan argeo­loë en professore te verduidelik. Hy het onmiddellik ná die voltooiing van die stap­roete Duitsland toe gereis om juis oor die grotte en die voetspore van 17 000 jaar gelede te gesels. !Ui kan 'n bok per voet jaag tot die dier van uitputting bly staan. Dan sal hy die bok met 'n gifpyl in die hart skiet. Dit alles terwyl hy die dier bedank dat hy sy lewe gee sodat hy sy familie kan voer. En tog het hy nog nooit die see gesien nie.

“Ek kom van die see af en dit is weer 'n voorbeeld van waar ons mekaar ons ver­skillende wêrelde kan wys,” het Aleksandra gesê.



Kamache

Kamache was op skool, maar vind dit moeilik om sy voete tussen sy pa se tradisionele leefstyl en die Westerse leefstyl te vind. Hy hou daarvan om in die bos te wees en om te jag. Hy kan 'n afstand van 80 km hardloop sonder om uitasem te raak. !Ui is tans besig om hom as volhardingsjagter op te lei. Kamache self wil ook mense oplei om lang afstande te kan hardloop.

Volgens Aleksandra is daar baie mense in die wêreld wat hul kultuur “verloor” het.

“Kultuur en die natuur maak ons wêreld kleurvol. Sonder kultuur sou die wêreld 'n baie vaal en vervelige plek wees. Ons het Noorweërs, San, Kavango's, Afrikaners en allerhande soorte mense nodig om die lewe interessant te maak en kleur te gee, maar ons is almal net mense wat mekaar aanvul.

“Ons is almal dieselfde. Net deur ons bestaan lei ons verskillende lewens. Die lewe gaan oor wat ons vir mekaar kan doen. Hoe ons mekaar kan help - ongeag ons agtergrond.

“As internasionale model het mense so baie van my verwag, maar tydens die staptog was my kop vir die eerste keer in my lewe stil en my hart bly. My enigste gedagtes was: moet ek nou 'n sluk water drink, of later? Moet ek nou hout gaan soek, of later? My gedagtes was nie gefokus op tien minute van nou af of op môre nie. Ek was net in die nou.

“Ek sal graag sulke staptoere in elke land met verskillende groepe mense uit die land wil doen, maar eers wil ek Namibië graag van Suid tot Noord deur stap en miskien net aanhou stap . . . ”

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.28 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.56/OZ UP +0.41% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.27% | Zinc US$ 2 979.50/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 83.45/BBP DOWN -0.0039 | Platinum US$ 1 054.66/OZ DOWN -0.0066 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.28 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.28 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 387.56/OZ UP +0.41% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.27% | Zinc US$ 2 979.50/T UP 0.05% | Brent Crude Oil US$ 83.45/BBP DOWN -0.0039 | Platinum US$ 1 054.66/OZ DOWN -0.0066