Stap vir Bybels en maak 'n verskil
Oktobermaand is die mooiste, mooiste maand wanneer die jakarandas pers bloei en is die afgelope 13 jaar ook die maand wat aan die Bybelgenootskap van Namibië se jaarlikse “Stap vir Bybels” gekoppel word.
Die projek is nie net een van die grootste geldinsamelingsprojekte nie, maar ook ''n bewusmakingsveldtog oor die belangrikheid van die Bybel.
Natasha Rust van die Bybelgenootskap sê: “Elke tree wat jy gee, moet jou bewus maak daarvan dat die Bybel ons daaglikse kompas is, ons daaglikse brood.”
Die Bybelgenootskap se droom is om ''n Bybel in elke Namibiër se hande te plaas, in tale wat hulle kan verstaan en teen ''n bekostigbare prys. Dit is egter nie genoeg geld om die Bybel te versprei nie.
In die lig hiervan word verskeie Bybelinteraksieprogramme asook Bybeluitreike gereël in gemeenskappe wat dit moeilik vind om ''n Bybel te bekom. Veertien toegewyde personeellede het elke ''n spesiale rol wat hulle in dié verband by verskillende aksies en departemente vervul. Die Bybelgenootskap vorm deel van 147 Bybelgenootskappe in die wêreld en wat as die Wêreldbond van Bybelgenootskappe (United Bible Societies) bekend staan. Die Namibiese Bybelgenootskap bestaan reeds sedert 1979 en leef die passie uit om ''n Bybel in die hande en ook die harte van Namibiërs te plaas.
Die genootskap het sy dank en waardering aan elke skenker, lid, vriend en ook gebedsvriende vir hul betrokkenheid uitgespreek.
“Sonder hierdie ondersteuning kan ons nie hierdie groot taak aanpak nie,” het Rust gesê.
Vanjaar se “Stap vir Bybels” begin op 29 Oktober om 07:30 by Windhoek Gimnasium. Vir verdere navrae kan 083 333 7787 geskakel word. Gaan “like” ook die Facebookblad “Bybelgenootskap van Namibië”. Geld wat met die jaarlikse staptog ingesamel word, sal vir die Bybelgenootskap se “Trauma Healing Network” gebruik word.
Dit is ''n gemeenskapsprojek wat Namibiërs help en ondersteun wat tans ''n trauma beleef of dit beleef het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie