Standard Bank SA: 91 takke teen einde Junie gesluit
Die verskuiwing in kliënte se gedrag beteken hulle maak minder van takke gebruik.
Elvira Wood – Standard Bank gaan nie net 50 van sy takke in Gauteng sluit nie, maar 91 in Suid-Afrika. Standard Bank het by navraag dié getal bevestig.
“Standard Bank is besig om sy kleinhandel- en sakebankdienstemodel vanweë die veranderende behoeftes van kliënte te hersien te midde van vinnige aanvaarding van digitale bankprodukte en -dienste,” het ’n woordvoerder van Standard Bank in ’n verklaring bevestig nadat Netwerk24 navraag gedoen het daaroor.
“Die verskuiwing in kliënte se gedrag beteken dat ons kliënte ons takke minder gebruik. As sodanig het ons ons kleinhandel- en sakebank-afleweringsmodel hersien, sodat dit op die behoeftes van ons kliënte gerig is.
“As deel van die inwerkingstelling van die nuwe bankleweringsmodel sal sommige van die rolle wat tans in ons takke uitgevoer word, verander. Daar is ook besluit om 91 takke te sluit, met die oorgrote meerderheid van die sluitings wat teen Junie 2019 afgehandel sal wees.
“Dié veranderinge sal ongeveer 1 200 werkgeleenthede beïnvloed. Die werklike aantal werknemers wat uiteindelik die diens van Standard Bank sal verlaat, kan egter laer wees, aangesien nuwe geleenthede in die nuwe bedryfstelsel beskikbaar sal wees,” sê die bank in die verklaring.
Die bank het later ook gesê hy sit heelwat geld opsy om mense met vaardighede toe te rus wat hulle beter sal toerus om die arbeidsmark te betree. Opleiding in entrepreneurskap sal ook aangebied word.
“Dit was nie ’n maklike besluit om te neem nie. Ons besef dat dit ’n baie stresvolle tyd vir almal is. Inligtingsessies het vroeër in die week begin, en ons leiers sal oor die volgende paar weke aanhou om in gesprek te tree met kollegas in alle provinsies.”
Netwerk24 het oorspronklik van dié sluitings bewus geraak toe ’n leser wat anoniem wil bly, Donderdagoggend vroeg ’n e-pos gestuur het.
Volgens dié persoon het werknemers reeds briewe van Standard Bank ontvang en gaan nagenoeg 50 takke in Gauteng gesluit word, insluitend verskeie takke in Pretoria-Sentraal en -Noord.
Eugene Ebersohn, assistentsekretaris-generaal van die bankwerkersvakbond Sasbo, het Donderdag ook dié getal aan Netwerk24 in ’n telefoniese onderhoud bevestig.
Ebersohn sê hulle is reeds geruime tyd in gesprek met die bank oor die veranderinge.
“Soos die bank aan ons verduidelik het, het hy ’n probleem omdat kliënte se gedrag verander het.
“Mense gaan nie meer na ’n tak om banksake te doen nie. Hulle doen dit aanlyn.
“Daar is dus bloot beduidend minder mense wat die takke besoek en om dié rede het die bank besluit om te herstruktureer.”
Die verduideliking is in pas met wat Standard Bank sê in sy 2018-resultate, wat op 7 Maart uitgereik is.
“Ten einde die altyd-aan-altyd-veilig-aanbod te skep wat hulle (sy kliënte) verwag, gaan ons die strategiese IT-bates wat ons het, gebruik, ons produkontwikkeling versnel en ons prosesse digitaliseer.
“Dit benodig die herverdeling van hulpbronne van ons fisieke na ons digitale kanale en die gepaardgaande herkonfigurasie van ons takinfrastruktuur,” lui die jaarverslag.
Syfers in die verslag wys transaksievolumes het in die jaar tot einde Desember 2018 met 27% gestyg. Dit is aangehelp deur digitale volumes wat met 34% gestyg het, terwyl die transaksies wat in takke uitgevoer is, met 12% gedaal het.
Pakkette
Ebersohn sê die pakkette wat die bank aanbied, is baie ruim.
“Die bank bied veel meer aan as net wat die wet vereis. Boonop bied hy dan ’n ekstra 15% as aansporing aan vir mense wat bereid is om ’n vrywillige skeidingspakket te aanvaar.
“Dié vrywillige skeidingspakkette word aan alle personeel aangebied wat in Standard Bank se takke direk met kliënte werk, asook aan dié by takke wat nie geraak word nie.
“Ons hoop dat mense wat dalk al lankal die diens van die bank wou verlaat, ’n vrywillige pakket sal aanvaar, wat dié wat nie die bank se diens kan of wil verlaat nie, in staat sal stel om aan te bly,” sê hy.
Die wet vereis dat maatskappye met aflegging ’n week se salaris vir elke jaar gewerk, betaal.
Ebersohn sê die vakbond is ook in gesprek met Standard Bank om te kyk hoe mense wat pakkette aanvaar, opgelei kan word om moontlik selfs hul eie onderneming te kan begin.
“Dit is hartseer dat die bank mense moet laat gaan, maar as dit beperk kan word tot mense wat wíl gaan en wat dalk ’n nuwe onderneming kan begin waar hulle weer mense in diens neem, is daar tog moontlik ’n goeie uitkoms,” sê hy.
Ebersohn sê hy het reeds vergaderings bygewoon waar die bank met werknemers praat.
“Party van die mense is baie geskok, party is kwaad en ander is hartseer. Daar is wel ’n paar wat dink dit kan hulle nuwe geleenthede bied.”
Standard Bank het luidens sy resultate reeds 11 takke in 2018 gesluit. Hy het nou 629 takke.
Hy sal dus ná die herstrukturering 538 takke hê. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie