Standard Bank draf vir welstand
Altesaam 13 Standard Bank-werknemers en drie kliënte het onlangs aan die Twee Oseane-marathon in Kaapstad deelgeneem.
Dít as deel van die bank se uitdaging tot ‘n gesonde leefstyl en om bewustheid van emosionele en fisieke gesondheid, sowel as ’n gesonde dieet te bevorder.
Die “Blue Bankers” en kliënte het hulle by sowat 3 000 professionele atlete en draf-entoesiaste uit 80 lande vir dié wêreldbekende ultra- en halfmarathon aangesluit.
Mnr. Tjizapouzeu Kamatuka, van Standard Bank se bedryfsdepartement, het die bank bedank vir die geleentheid om haarself in een van die wêreld se moordendste wedlope te kan uitdaag.
“Ek weet nie waar om te begin nie. My hart is vol waardering vir Standard Bank. Dankie Blou Bank vir die geleentheid om aan hierdie wonderlike wedloop te kon deelneem. Ek het baie baat gevind by ons interaksie met verskillende mense en die atmosfeer op die dag van die wedloop was ongelooflik,” het Kamatuka gesê.
Volgens haar is sy nou vasberade om haar kollegas aan te moedig om te begin draf, omdat dit gesondheidsvoordele inhou.
Ausspannplatz se takbestuurder, mnr. Hendrik van Wyk, het die halfmarathon in ‘n tyd van 1:53:43 voltooi.
“Ons groep van Standard Bank Namibia en die skare was ongelooflik. Die Kaapse landskap was ook asemrowend,” het hy gesê.
Volgens hom het hy baie oor homself geleer – veral oor uithouvermoë, dissipline, waagmoed en om in alle omstandighede vorentoe te beweeg.
“Ek was nooit in my jonger dae ‘n sportiewe mens nie, maar nou is ek vinniger as wat ek meer as 25 jaar gelede was. Standard Bank het my gehelp om ‘n baie gesonder mens te wees,” het hy gesê.
Volgens Van Wyk het hy ses dae per week geoefen in voorbereiding op die wedloop.
“Wanneer die gemiddelde mens nog geslaap het, was ek reeds op die pad om vier dae ‘n week 6 km en oor naweke 10 tot 15 kilometer kaf te draf.
“Ek het in 2011 vir my eie gesondheidsredes begin om daagliks 3 km te draf. Teen die einde van 2017 het die Bank met hierdie wonderlike welstandinisiatief vorendag gekom, wat ek met albei hande aangegryp het.”
Mnr. Silveira Madaleno, wat by die Katutura-tak werksaam is, het ‘n silwer medalje in die halfmarathon verower en die wedloop in ’n uur en 27 minute voltooi.
Hy het die wedloop as “mooi, maar uitdagend” beskryf en gesê dit bring mense van oraloor die wêreld byeen.
Mnr. Erich Goeieman, ‘n kliënt van Standard Bank, het ‘n silwer medalje in die ultramarathon verower en die wedloop in ‘n tyd van vier ure ses minute afgelê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie