Stamp in gesig hou Darryl uit
Rugby
Andrew Poolman - 'n Gebreekte wangbeen het Darryl de la Harpe se eerste seisoen in Engelse klubrugby voortydig tot stilstand gebring.
Die 33-jarige Namibiese senter wat verlede maand by die gewese Namibiese afrigter Phil Davies se Engelse klub Yorkshire Carnegie aangesluit het, het dié besering tydens sy onlangse debuutverskyning opgedoen.
Dit lyk na 'n uitgemaakte saak dat Yorkshire aan die einde van die seisoen uit die Engelse kampioenskap, die tweede vlak van die land se professionele spel, gerelegeer gaan word.
Yorkshire bevind hom onderaan die puntelys van twaalf spanne, met net 'n enkele verloorbonuspunt en een bonuspunt vir vier drieë, ná 14 wedstryde.
Hoewel Davies sy bes gedoen het om met die verkryging van 'n paar Namibiese spelers die klub se verval te keer, was daar nog geen positiewe uitslae sover nie.
De la Harpe moes intussen 'n operasie ondergaan en sal vir ses weke buite aksie wees ná die gesigbesering wat hy tydens die nederlaag met 55-3 teen Coventry op 15 Februarie opgedoen het, berig die Yorkshire Evening Post.
“Dit was nou net ongelukkig; ek het 'n ou geduik, toe doen ek maar 'n Jacques Burger,” het De la Harpe gister aan Republikein geskerts, verwysend na die onverskrokke “face tackle”-duikvatte wat sy gewese spanmaat wêreldberoemd gemaak het.
CLIVEN REGUIT IN WEDSTRYDGROEP
Die kniebesering aan die losskakel Dan Lancaster het meegebring dat die Namibiër Cliven Loubser ook reeds kort ná sy aankoms betrek is om op die reserwebank vir laas Sondagaand se grootste drag slae van die seisoen, teen London Scottish, te wees.
Hoewel London Scottish met 73-26 'n wegholsege behaal het, het Yorkshire darem sy eerste bonuspunt vir vier drieë verdien. Die feit dat laasgenoemde egter die span net een posisie beter as Yorkshire is, wys hoe onmoontlik die taak lyk om relegasie af te weer gedurende die tweede ronde van die liga.
Die stut André Rademeyer en flank Prince !Gaoseb is die ander twee Namibiërs vir wie Davies onlangs by Yorkshire gekontrakteer het.
• In dieselfde liga was Saterdag ook 'n droewige belewenis vir Doncaster Knights, waar die Namibiese flank Wian Conradie hom as 'n staatmaker gevestig het. Doncaster het met 29-5 teen die Bedford Blues verloor.
• Ealing Trailfinders, tweede op die puntelys, sal vir die volgende drie weke sonder sy slot James Cannon moet klaarkom, wat geskors is omdat hy die Namibiese flank Janco Venter (Jersey Reds) met die vuis bygekom het. Cannon het tydens sy tugverhoor skuld erken.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie