Stakende vissermanne, maatskappye in arbeidshof
Otis Finck op Walvisbaai - Stakende vissermanne en verskeie vismaatskappye sal vanaf vandag in die arbeidshof wees in ’n poging om ’n dispuut opgelos te kry.
Die DTA se sekretaris-generaal, mnr. Manuel Ngaringombe, het verlede week gesê pogings moet nou aangewend om ’n oplossing te vind vir ’n dispuut wat reeds bykans ’n jaar duur.
Meer as ’n duisend vissermanne van Walvisbaai en Lüderitz het op 27 Oktober 2015 ’n onwettige staking deur die Unie vir Metaal-, mynbou-, en maritieme konstruksie (MMMC) geïnisieer.
Ngaringombe het die hoop uitgespreek dat ’n oplossing gevind sal word wat vissermanne in staat sal stel om vóór die volgende bote uitvaar, hul werk te hervat.
Hy het ook met die betrokke partye gepleit om die geskil in goedertrou te benader en om hul trots eenkant te plaas in die soeke na ’n blywende oplossing vir die probleem. Dit het ’n verwoestende uitwerking op die lewens van vissermanne landwyd en kan ook ’n ernstig impak op werkloosheid en armoede in Namibië hê.
Indien verrigtinge onsuksesvol is, sal hulle die staking hervat en ’n beroep doen op almal om aan ’n nasionale werkloosheidsoptog deel te neem.
Ná ’n vergadering met die vissermanne, het die DTA se president, mnr. McHenry Venaani, in September ’n 30 dae ultimatum aan die regering gestel om die dooie punt tussen die stakende vissermanne en hul onderskeie maatskappye op te los.
Die sperdatum van 2 September 2016 is verby sonder enige reaksie van die regering of pogings om met die vissermanne te praat.
Die Konfederasie van Namibiese Visvangverenigings (CNFA) se voorsitter, mnr. Matti Amukwa, het in September in ’n mediavrystelling die hoop dat stakende vissermanne kan terugkeer werk toe, die nek ingeslaan. Hy het gesê honderde ander Namibiërs is aangestel ná die vissermanne begin staak het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie