Stadsvark, Padvark en Korrupsievark
Stadsvark, Padvark en Korrupsievark

Stadsvark, Padvark en Korrupsievark

Mandy Rittmann
DIRK VAN ZYL SKRYF:

Op 'n dag was daar drie varkies wat besluit het om die skool te verlaat en 'n lewe van hul eie begeerte te leef.

Hulle het vir hulle moeder gesê wat hulle besluit was. Die moeder was hartseer, sy het gekeer en gewaar­sku, maar hulle was beterwetend. (Hulle moeder is hulle eie gewete, wat nie kan lieg nie.)

Die drie het die geld wat hulle besit geneem en na die stad geloop. Elkeen met sy eie gedagtes oor die loopbaan in hul geestesoog.

Hulle was bekend as Ot, Otter en Otste. Hulle was altyd wederstrewig, en wou geen raad of leiding van ander aanvaar nie.



OT IN DIE BOTTEL

Eers het Ot 'n plek gesien wat sy hart gesteel het. Hy het besluit om daar te bly en sy lewe daar te maak, want die straat bestaan net uit drinkplekke en is vol vloekbekke, diewe, dronklappe, verkragters en moordenaars, so reg in sy “hok”.

Ot het gou 'n maat gekry wat hom gehelp het om 'n onwettige drinkplek te open. Gou was sy goedkoop drank bekend aan die drinkers, en die wynvlieë het saamgepak.

Ander plekke se klante het by hom aangesluit. Dit vloek, en vuil grappe word vertel. Daar word met messe en glasstukke gesteek. Maar almal beskerm hulle paradys.

Ot was gou bekend vir sy vuil karakter, en almal weet wie die tweebeenvark in die dorp is. Die mense het hom Stadsvark genoem. Alles in sy lewe was vuil, en waar hy kom, het hy alles en almal besmet met sy taalgebruik en optrede.

Sy huisie was van die begin af fondamentloos.

Die wolf het gekom, die geregs­dienaar wat nie hierdie gemors kan aanvaar nie, maar Stadsvark is deur sy maats gewaarsku en hy het na sy broer Otter gevlug. Stadsvark se huise is deur die wolf omgeblaas.



OTTER TEEN DIE WET

Otter het met sy geld 'n ou motor gekoop en begin om onwettig taxi te ry. Sy pryse was goedkoop, en baie het van sy dienste gebruik gemaak.

Hy het erger as die bestaande taxi's opgetree. Vir baie van die wetstoepassers het hy geen vrees gehad nie, want hy het 'n houvas op hulle gehad. Hy het hulle vervoer as hulle dronk was, die wet oortree het, gedrink was terwyl hulle diens moes doen, ens.

Hy was bekend aan baie kriminele, wat hom gebruik het om gesteelde goedere te vervoer, of hy het die diewe vervoer tydens hulle inbrake. Mense wat vir die gereg vlug het hy vervoer en saamgestem met die leuens wat vertel word.

Daar is nie 'n verkeersreël wat hy nie oortree het nie. Hy is deur die mense as Senior Padvark gedoop.

Die wolf het na hom gesoek om hom te elimineer, maar hy was ook gewaarsku deur sy trawante en het na Otste gevlug. Sy huisvesting is ook deur die wolf omgeblaas.



OTSTE VIR DIE WET

Otste het by die polisie gaan werk en het gou sy loopbaan gevestig deur die mag tot sy beskikking tot sy voordeel te gebruik. Hy het mense wat alleen is voorgekeer, hulle vals beskuldig en hulle laat verstaan dat sy woord bo hulle woord aanvaar sal word, aangesien hy 'n geregsdienaar is. Groot bedrae geld is aan hom betaal om nie 'n saak te open nie.

Soms het hy dwelms gebruik wat in bewaring was, en dit in voertuie geplant, ook in tasse, in klere se sakke, en die mense laat betaal om nie vervolg te word nie. Niemand kon 'n vinger na hom wys nie, want hy was slinks en skerp met die beplanning van hierdie vuil dade.

Die mense het hom die Korrupsievark genoem.

Die president het 'n skoonmaakveldtog begin en al wat vark is, is uitgehark en weggery om gerehabiliteer te word. Dié wat baie erg was, is na hokke met tralies en bewaarders geneem om daar te bly totdat hulle gereed is om gerehabiliteer te word.

So is die drie varke aan die wolf gegee wat hulle na die asgate geneem het om daar verbrand te word. “Ashes to ashes, dust to dust.”

Stadsvark, Senior Padvark en Korrupsievark is terug in hul moeder se sorg (hulle gewete) waar sy sonder ophou vir hulle sê: “Ek het julle gewaarsku, julle wou nie hoor nie, kyk waar sit julle nou, besig om hier op die asgate deur die vuur van julle eie gewete verteer te word, tot in ewigheid.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%