Stadspolisie sluit ook sy kantore
Denver Kisting – Die hoofkantoor van die stadspolisie in Windhoek is ook gesluit nadat een
van sy beamptes positief vir Covid-19 getoets het. Die hoof van die stadspolisie, Chief Abraham
Kanime, het dit by navraag bevestig.
Volgens hom is die kantoor sedert gister gesluit.
Op ’n vraag oor wanneer hul weer hul deure heropen, het Kanime gesê: “Wanneer ons tevrede
is met onsself wat die maatreëls betref. Dalk môre of Vrydag.”
Hy sê die verwikkeling be?nvloed glo nie die stadspolisie se wetstoepassingsfunksie in die
hoofstad nie. “Ons is op die grond. Ons het ’n gebeurlikheidsplan in plek.”
Kanime wou nie sê hoeveel beamptes in kwarantyn is vanweë moontlike blootstelling nie.
Syns insiens is daardie inligting nie net persoonlik en hou met gesondheid verband nie, maar is ook
’n vraag van “wetstoepassing en veiligheid”.
Republikein verneem betroubaar die beampte is verbonde aan die afdeling wat taxi’s nagaan.
Hy was na verneem word in kontak met ’n bevestigde Covid-19-geval.
Dr. Kalumbi Shangula, die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, het gister tydens sy daaglikse verslag gesê een van die ses nuwe gevalle wat in Windhoek aangeteken is, is dié van ’n 38-jarige polisiebeampte.
Die minister het toe gesê dié man is ’n kontak van ’n bevestigde geval. “Hy is op 23 Julie getoets. Hy het geen Covid-19-verwante simptome gehad nie. Hy was nie in kwarantyn nie.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie