Stadspolisie duld geen LED-ligte
Voertuigeienaars kla oor teistering en glo dié ligte is selfs beter as ander.
Augetto Graig - Windhoek se stadspolisie duld nie die gebruik van LED-ligte op voertuie wat van openbare paaie gebruik maak nie.
Dié boodskap is verlede week sterk uitgespreek by die eerste byeenkoms in sy soort by die stadspolisie se hoofkantoor in die hoofstad.
Volgens supt. Adam Eiseb is waar die ligte op 'n voertuig voorkom, sowel as hoe dit gebruik word, van belang.
LED-ligte is gevaarlik omdat dit ander padgebruikers kan verblind - veral as dit verkeerd aangebring is.
Tog meen Eiseb “ek sien nie hoe dit reg gemonteer kan wees nie”.
Volgens regulasies mag ligte nie in die middel van 'n voertuig se voorkant aangebring word nie en net op 'n sekere hoogte, sekere afstand van die kant af wees. Dit moet ook op 'n sekere afstand van die voorkant van die voertuig af gemonteer wees.
LED-stawe kan dus nie op 'n toelaatbare manier op 'n voertuig aangebring word nie.
Die gebruik van dié tipe ligte word ook deur dié regulasies op openbare paaie verbied.
Bestuurders van voertuie met LED-stawe moet hulle dus maar gereed maak vir optrede deur verkeersbeamptes.
Voertuie se registrasie kan herroep word en die gebruik van die voertuig kan onmiddellik opgeskort word.
'n Boete van N$1 000 kan gehef word as die LED-lig oor die middel van die voertuig se neus gemonteer is.
'n Boete van N$750 kan ook gehef word as die lig nie elektronies kan verdof om te voorkom dat aankomende bestuurders verblind word nie.
Die byeenkoms was 'n geleentheid vir die polisie om inwoners van die hoofstad van regulasies in te lig en om hul terugvoering te kry.
Mnr. Dave Viljoen het die geleentheid gebruik om te kla oor “mense wat deur wetstoepassers geteister word”.
Hy glo die polisie het nie die reg om teen eienaars van voertuie met LED-ligte op te tree nie.
Hy dring daarop aan dat die wet voorsiening maak vir die gebruik van LED-ligte en sê Namibiese howe het nou al drie keer in die guns van voertuigeienaars besluit omdat daar geen wetlike klag teen hulle was nie.
Viljoen het verwys na hofsake op Otavi, Karibib en Swakopmund waar die wetlikheid van polisie-aksie teen eienaars van voertuie met LED-stawe ontken is. Sommige voertuigeienaars verdedig die gebruik daarvan deur te sê LED-ligte is selfs beter as konvensionele ligte.
Namibië se regulasies is verouderd, meen hulle. Selfs eienaars wat LED-ligte op hul voertuie wil aanbring in die dorp vir gebruik op hul plase, word nou hiervan weerhou.
Eiseb en polisiebeamptes dring egter daarop aan dat hulle die wet sal toepas, voertuie van die pad sal verwyder en boetes sal uitskryf waar nodig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie