Stadskinders se band met natuur herstel

30 January 2019 | Omgewing
Verlede jaar het meer as 2 500 graad 3- en graad 4-leerlinge aan ’n prettige, interaktiewe omgewingsopvoedingsprogram genaamd KEEP deelgeneem, wat deur die Giraffe Conservation Foundation in die Daan Viljoen-wildreservaat geïmplementeer is.

GCF is die enigste organisasie ter wêreld wat slegs op die bewaring en bestuur van kameelperde in Afrika fokus, en bied ook die grootste omgewingsonderrigprogram aan.

KEEP is in 2016 van stapel gestuur ná die GCF se direkteure tot die besef gekom het baie jong Namibiërs wat in Windhoek woon, het nog nooit ‘n kameelperd gesien nie.

Dít ten spyte van die feit dat dié ikoniese diere op hul voorstoep woon. KEEP het ten doel om jong Namibiërs te inspireer om vir die omgewing om te gee deur hulle die geleentheid te gun om hul bande met die natuur te herstel.

Dit is spesifiek vir graad 3- en graad 4-leerlinge uit laerskole in die Khomasstreek ontwikkel – juis om stadskinders uit die klaskamer en in die natuur te kry.

Tydens ‘n dag in die natuur verwyl die leerlinge hul tyd met die opspoor van wildlewe, die identifisering van plant- en dierspesies en deur meer te leer oor uitdagings van bewaring in Namibië.

GCF glo KEEP kan help om ‘n kultuur van omgewingsbewustheid, maatskaplike verantwoordelikheid en ook aksie te vestig, wat toekomsleiers met die nodige vaardighede sal toerus om meer volhoubaar te leef.

‘n Spesiaal ontwikkelde werkboek word as hulpbron tydens natuuruitstappies aangewend.

Dit fokus op omgewingstemas en hou nou verband met die leerplan vir laerskole.

“Ons span geniet die geleentheid om ons passie vir die kameelperd en die natuur daagliks met die jong leerlinge te deel. Dit is soms uitputtend, veral op baie warm somersdae, maar ons is mal oor wat ons doen,” sê me. Naemi Antonius, ’n KEEP-spanleier by GCF.

Dit is KEEP se vierde bestaansjaar en tot dusver het meer as 6 600 leerlinge en 200 onderwysers aan die program deelgeneem. Die program word deur die ministeries van die omgewing en toerisme, en van basiese onderwys, kuns en kultuur onderskryf en ondersteun.

Nedbank GoGreen Fund en die Pupkewitz-stigting ondersteun ook die projek, terwyl ‘n safarimaatskappy, Natural Selection, ook beduidende finansiering verskaf.

“Die hoogtepunt van die KEEP-dag was die vreugde op my leerlinge se gesigte. Sommige het nog nooit ‘n kameelperd of ‘n sebra gesien nie en kon dit danksy KEEP doen,” sê een van die onderwysers.

Meer inligting is op die webtuiste www.giraffeconservation.org of by 081 642 3271 beskikbaar.

Soortgelyk

 

Resessie slag Namibië

9 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – Net sowat N$25,5 miljard teen bestendige pryse het die afgelope kwartaal deur die Namibiese ekonomie gevloei – die minste in vyf jaar.Syfers...

Getuie sê Dippenaar het gejaag

9 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die saak teen die moordbeskuldigde mnr. Jandré Dippenaar is tot volgende jaar uitgestel.Woensdag het die laaste staatsgetuie in die streekhof op Swakopmund...

Wateraanleg staan twee weke stil

9 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek kon vir langer as twee weke geen drinkwater uit rioolwater herwin nie – hoofsaaklik omdat daar te veel chemikalieë, vette, olies...

Kalender 20 September

9 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Culture Invasion Festival skop vandag by die sportterrein op Rundu af. Tydens die twee dae lange fees sal verskillende kunstenaars...

Weer vir 20 September 2019

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die sentrale Noorde en Noordooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm wees.KUS: Bewolk en koel tot...

Jol in Japan

9 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Japan is een van daai lande waaroor mense praat. Nie noodwendig die heeltyd nie. Maar in baie gesprekke, veral om die...

‘Hou op kla en doen iets’

9 ure gelede | Omgewing

Tanja Bause – ’n Windhoeker het in Augustus vanjaar besluit sy het genoeg van ’n vuil Windhoek gehad en self ingespring.Me. Tertia Wannenmacher se voorbeeld...

Air Namibia se vlerke wankel

9 ure gelede | Vervoer

Denver Kisting – Die pasaangewese raadsvoorsitter van Air Namibia, mnr. Escher Luanda, sê hy wil hom nie oor die lopendesaakvooruitsigte van die redery uitlaat nie.Dit...

‘Elke dag ’n belewenis’

9 ure gelede | Mense

Tanja Bause – “Ek is nog fiks en gesond. Ek kan nog lees, skryf en skilder. Kook kan ek ook nog, maar ek sal nou...