Stadige groei in SA, Nigerië plaas Afrika onder druk
'n Lae vlak van ekonomiese groei in Suid-Afrika, een van Afrika se twee grootste ekonomieë, sal ekonomiese groei op die vasteland as geheel onder druk plaas, toon navorsing wat deur Oxford Economics gedoen is.
Lameez Omarjee
'n Verslag deur Oxford Economics wat op Afrika se ekonomiese groei en soewereine risiko fokus, is dié week bekend gestel.
Luidens die verslag sal die vasteland se ekonomie in 2018 weer begin herstel.
Dit is te danke aan beleidshervormings, die herstel van hulpbronpryse en droogteomstandighede wat in groot dele van die vasteland verminder het.
Mediaangroei sal na verwagting van 4% in 2017 tot 4,4% in 2018 styg.
“Gedempte” groei in Nigerië en Suid-Afrika sal die vasteland se groei in die algemeen onder druk plaas.
Op 'n geweegde-gemiddelde-grondslag gaan die vasteland se bruto binnelandse produk na verwagting van 3,3% in 2017 tot 3,4% in 2018 groei.
“Politieke onsekerheid en dalende sakevertroue het die Suid-Afrikaanse ekonomie geteister. Dit sal na verwagting met net 1,6% in 2018 groei,” lui die verslag.
Die Wêreldbank het ook onlangs sy vooruitsigte vir groei bekend gemaak. Hiervolgens gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie een van dié wees wat teen 1,1% die stadigste in 2018 gaan groei.
Ekonomiese groei in Nigerië is onder druk weens lae oliepryse en onderbrekings in sy plaaslike olieproduksie.
Die Wêreldbank voorspel Nigerië se ekonomie sal met 2,5% in 2018 groei.
“Sterker groei in die vasteland se grootste ekonomieë (Suid-Afrika, Nigerië en Egipte) sal 'n positiewe impak op ander lande in die streek hê,” verduidelik die verslag.
Soewereine risiko onder druk
Soewereine risiko in Suider-Afrika bly onder druk. Die vooruitsigte vir kredietgraderings bly negatief weens die impak van Suid-Afrika asook ander faktore, waarsku Oxford Economics se verslag.
“Die meeste lande in die Suider-Afrikaanse Doeane-Unie (Sacu) is hoogs afhanklik van handelsverwante kwitansies vanuit Suid-Afrika. Die noemenswaardige daling in aanvraag na invoer in Suid-Afrika plaas druk op fiskale en eksterne balanse.”
Sacu-lede ontvang 'n deel van invoertariewe wat deur Suid-Afrika ingesamel word. Lande soos Swaziland verdien 'n groot deel van hul bruto binnelandse produk op dié manier.
“Suid-Afrika is ook 'n belangrike uitvoermark vir sy bure, maar aanvraag bly onder druk.”
– Netwerk24/Fin24, verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie