Stad Windhoek stel strategiese plan bekend
Stad Windhoek stel strategiese plan bekend

Stad Windhoek stel strategiese plan bekend

Augetto Graig
Die Windhoekse munisipaliteit het vandag sy strategiese plan wat vanaf 2017 tot 2022 strek, aan die media bekendsgestel. Die ambisieuse plan fokus onder meer op beter dienslewering, deursigtigheid en verantwoordbaarheid. Voort wil die munisipaliteit sy infrastruktuur vir openbare vervoer uitbrei, asook informele nedersettings formaliseer. Teenwoordig tydens die bekendstelling was die burgemeester, mnr. Muezee Kazapua, goeweneur van die Khomasstreek, me. Laura McLeod, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa en die voorsitter van die Khomas-streeksraad, me. Rachel Jacob.

Kommentaar

Republikein 2025-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer