Staatsrede ‘stel teleur’

Hoëvlakkorrupsie kan nét uitgewis word indien hokaairoepers beter beskerm word, het ’n politieke ontleder gistermiddag gesê.
Denver Kisting
Denver Kisting – Pres. Hage Geingob sê Swapo gaan nie ’n enkele sent leen om hul hoofkantoor van bykans N$1 miljard te finansier nie.

Behalwe dat die manier hoe die regerende party sy hoofkantoor finansier niemand se besigheid is nie, het Swapo-lede die afgelope 30 jaar geld ingesamel om die gebou op te rig, het hy gesê.

Nagenoeg N$30 miljoen hiervan kom regstreeks van Swapo-lede, terwyl die regerende party se geregistreerde maatskappye vir die res van die rekening pa staan.

So het Geingob gister in antwoord op ’n vraag van mnr. McHenry Venaani, leier van die Popular Democratic Movement (PDM) as amptelike opposisie, gesê.

Geingob het voorts gesê sy regspan het hom aangeraai om nie te praat oor of Swapo se verkiesingsveldtog deur die Fishrot-skandaal ’n hupstoot gegee is nie al dan nie. “Of skenkings gemaak is ... kom ons wag op die hofsaak. Hoekom is julle haastig?”

Geingob het met sy staatsrede gistermiddag teleurgestel deur nie die hokaairoeperkantoor binne die volgende jaar in werking te stel nie.

So meen mnr. Graham Hopwood, die uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR).

Indien Geingob wil wys hy het die politieke wil om korrupsie uit die weg te ruim, móét wetgewing hokaairoepers beskerm, sê die politieke ontleder. “Die Fishrot-skandaal het baie duidelik getoon dat hoëvlakkorrupsie net wortel en tak uitgeroei kan word indien hokaairoepers na vore kom.”

Hopwood sê hy was ook geskok dat Geingob glad nie na die wet op toegang tot inligting verwys het nie.

Dié langverwagte wet kan ’n sleutelrol speel in die stryd teen korrupsie, meen die ontleder. “Hierbenewens was daar geen melding dat daar enige opruiming van die visserybedryf sal wees nie hoewel die minister (adv. Albert Kawana) aangedui het wysigings is op pad om deursigtigheid te versterk.

“Ek dink nie die toespraak het baie gedoen om die publiek te verseker dat die regering regtig verbind is tot die verbetering van regeringsbestuur in die land nie,” sê Hopwood.

Oor hoe die regering korrupsie pak, het die president gesê: “Vandag is twee senior voormalige ministers reeds vir sewe maande in die tronk met geen inmenging deur die uitvoerende gesag nie.”

Mnre. Bernhard Esau, oudminister van visserye en mariene hulpbronne, en Sacky Shangala, oudjustisieminister, is met ander beskuldiges in aanhouding weens die Fishrot-skandaal waarin Namibiese viskwotas ten bedrae van etlike miljoene Namibiese dollar glo geplunder is.

Ondanks Geingob se verskeie herhalings oor hoe sy ingryping in die opgraderingstender van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako moontlike multimiljardkorrupsie in die wiele gery het, is dit tot vandag toe onduidelik of die saak na die Teenkorrupsiekommissie (ACC) verwys is, óf ’n formele ondersoek van stapel gestuur is, sê Hopwood.

Geingob het gister gesê sy ingryping het ’n besparing van N$4 miljard teweeg gebring “wat na korrupsie kon gegaan het”.

Hopwood sê hy verwelkom die finale verslag oor die Harambee-welvaartsplan en nuus oor ’n opvolgplan. “Die plan het duidelike teikens en tydlyne en is derhalwe nuttiger as die NDP5 wat té vaag is.”

OOR WERKLOOSHEIDSKRISIS

Me. Jennifer van den Heever, visepresident van die PDM, sê: “Ek het eerlikwaar ’n omkeerstrategie verwag vir die haglike situasie in ons land. Die kwelpunte is nie aangeraak nie en ons is nog in hartseer gedompel.”

Hopwood sê hy sou baie graag meer besonderhede wou sien oor die regering se plan om beleggings te lok en werksgeleenthede te skep – veral weens die impak van die Covid-19-pandemie.

NAMIBIëRS MOET SAAMWERK

Geingob het gister gesê indien Namibiërs saamwerk – soos diegene wat vir die land se vryheid geveg het – is ekonomiese bevryding moontlik. “Kom ons skram nie weg van die taak op hande nie. Kom ons gryp die geleentheid aan om die nasie se nalatenskap te anker.”

Volgens die staatshoof bied die Covid-19-krisis die geleentheid om oor die land se toekoms te besin en dit te herontwerp.

WANORDE HEERS

Kort nadat Geingob gistermiddag met sy 27 bladsy lange toespraak begin het, het hy gaan sit nadat lede van opposisiepartye hom in die rede bly val het.

Die speaker, prof. Peter Katjavivi, het sy hande vol gehad om orde te handhaaf.

Hieroor het Hopwood gesê: “Die toneelopvoering dien nie tot voordeel van die opposisie nie. Hulle verwring hul eie punte. Dít is hul geleentheid om die president verantwoordbaar te hou, maar hulle twis oor onbenullige goed.”

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.69 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.13 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.6 | USD to KES 131.23 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.13 | USD to ZMW 25.74 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 80073 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1765.72 Up +0.63% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13444.34 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27228.85 Down -0.32% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 416.54/OZ DOWN -0.004 | Copper US$ 5.06/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 3 140.50/T UP 0.36% | Brent Crude Oil US$ 82.78/BBP DOWN -0.0139 | Platinum US$ 1 040.56/OZ DOWN -0.0089 Sport results: Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.69 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.13 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.6 | USD to KES 131.23 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.13 | USD to ZMW 25.74 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 80073 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1765.72 Up +0.63% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13444.34 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27228.85 Down -0.32% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 416.54/OZ DOWN -0.004 | Copper US$ 5.06/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 3 140.50/T UP 0.36% | Brent Crude Oil US$ 82.78/BBP DOWN -0.0139 | Platinum US$ 1 040.56/OZ DOWN -0.0089