Staatspensioen staan op N$99,5 miljard

Fonds belowe om 30% van Harambee-plan ’n werklikheid te maak.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die grootste pensioenfonds in Namibië, die staatsdienspensioenfonds (GIPF), was teen einde Maart N$99,5 miljard werd.

Hulle hoop om vandeesmaand N$100 miljard te haal.

Dít is Dinsdag by hul jaarlikse saamtrek vir belanghebbers aangekondig.

Volgens mnr. Goms Menette, voorsitter van die GIPF-raad, ontwikkel die fonds steeds en is dit ’n gerespekteerde rolspeler in Namibië se ekonomie.

Die fonds se hoofdoel is om pensioenvoordele aan staatsamptenare te verskaf.

Weens die GIPF se gesonde finansiële posisie kan hy hom wel goed van hierdie taak kwyt.

Ten spyte van die benarde wêreldekonomie kan die GIPF spog met ’n jaarlikse opbrengs van 5,84%, het Menette gesê.

By dieselfde geleentheid het mnr. David Nuyoma, uitvoerende hoof van die GIPF, gesê die fonds het teen die einde van Maart uit sowat 136 000 lede bestaan, van wie meer as 100 000 aktiewe lede is en meer as 35 000 aktiewe voordeeltrekkers is.

Vir die 2016-'17 finansiële jaar het die GIPF N$3,2 miljard se voordele uitbetaal, het Nuyoma gesê.

In Maart vanjaar het die fonds reeds meer as 600 eise ter waarde van byna N$300 miljoen behartig.

“Hierdie feite gee u ’n effense idee van hoe effektief die bestaan van die fonds is en hoeveel mense landwyd daardeur geraak word,” het hy gesê.

Menette het ook die impak van die GIPF as plaaslike belegging in Namibië bespreek.

Laas jaar is N$2 miljard beskikbaar gestel vir ’n tweede ronde ongenoteerde beleggings op die gebiede van waagkapitaal, skuldfondse, infrastruktuurfondse en algemene private ekwiteit vir plaaslike belegging, het hy gesê.

Nog N$5,9 miljard is vir bates met die Bank van Namibië (BON) geruil om internasionale reserwes te versterk. Die GIPF het ook ’n interne tesourie gestig om deel van hul beleggings self te bestuur.

Teen die einde van April vanjaar het die tesourie reeds N$10 miljard bestuur, waarvan N$8 miljard aan staatseffekte bestee is, het Menette gesê.

Hy het bygevoeg die GIPF het laas jaar belowe om 30% van die Harambee-welvaartplan se gronddiensing, behuising en sanitasiedoelwitte ’n werklikheid te maak.

Die fonds belê veral in die diens van erwe, die bou van huise en finansiering vir nuwe huiseienaars.

Hiervoor is N$1 miljard deur First Capital beskikbaar gestel en versprei.

Byna 200 lede het finansiering vir behuising gekry en nog 25 tot 30 lede kry maandeliks dié geleentheid.

Volgens Menette is die doel is om First Capital uiteindelik in ’n wentelfonds te omskep.

Hy sê die fonds het ook 2 142 erwe landwyd gekry om huise, meenthuise en woonstelle te bou vir die middel- tot lae inkomstemark.

N$300 miljoen is aan die diens van grond bestee en tot dusver is 391 erwe gereed om verkoop te word teen ’n koste van N$120 000.

Menette sê hulle doen als in hul vermoë om die koopbedrag te verminder.

Tot dusver het die GIPF dit reggekry om 735 algemene- en enkelwooneenhede te bou. Onlangs is nog 327 enkelwooneenhede gediens en die bou van nog 180 huise vir die lae-inkomstemark goedgekeur, het hy gesê.

Die tema van die saamtrek was “Samewerking: die wenformule”.

Die hooffokus was die fonds se toewyding aan verbeterde dienslewering.

Volgens Menette het die raad doelbewus die GIPF-bestuur opdrag gegee om dienslewering te verbeter - veral wat vinniger uitbetalings betref.

Hiervoor, sê Nuyoma, het die GIPF in kliënteverhoudingsbestuur-sagteware belê. Dit word reeds in Windhoek toegepas en gaan landwyd versprei word.

Gister is die fonds se nuwe webwerf ook bekend gestel.

Lede kan nou self toegang tot dienste geniet, sonder om die GIPF se kantore te besoek.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%