Staatskole sluit steeds 9 Augustus
Staatskole en –koshuise sluit steeds op 9 Augustus soos volgens die skoolkalender, en nie op 2 Augustus nie.
Volgens 'n verklaring wat deur die ministerie van onderwys, kuns en kultuur uitgereik is, is net toestemming vir die Omaheke-direktoraat van onderwys gegee om van die kalender af te wyk.
Dié skole sal dus vroeër sluit.
Die wysiging geld ook net vir koshuisleerlinge vir wie spesiale reëlings by die streekkantoor en die onderskeie skole getref moet word.
Dit is om te verseker dat geraakte leerlinge hul eksamens soos per hul skoolskedule voltooi.
Die ministerie het gereageer op omsendbriewe van die direktoraat in die Hardapstreek en ander wat die laaste skooldag as 2 Augustus aandui. Volgens die ministerie is dit sonder die goedkeuring van die uitvoerende direkteur gedoen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie