Staatskole se kalender verander
Staatskole se kalender verander

Staatskole se kalender verander

Elvira Hattingh
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het sy direkteure in kennis gestel dat vanjaar se skoolkalender verander.

Volgens die brief sal Vrydag 20 Maart nou ‘n skolevakansiedag en uitnaweek vir koshuisgangers wees. Donderdag 9 April is nou die laaste dag van die eerste skooltermyn, terwyl Maandag 11 Mei die eerste skooldag van die tweede termyn sal wees.

Maandag 31 Augustus is die eerste skooldag van die derde termyn.

“Dit beteken koshuisgangers sal die naweek van Donderdag 19 Maart huis toe gaan en hul laaste skooldag vir die eerste termyn sal Donderdag 9 April wees, het die ministerie se uitvoerende direkteur, me. Sanet Steenkamp, geskryf.

Vir die tweede termyn kan koshuisgangers op Sondag 10 Mei terugkeer koshuis toe, terwyl hulle vir die derde termyn op Sondag 30 Augustus kan terugkeer.

Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer