Staatshulp aan private skole dalk gestaak
Die minister van onderwys, kuns en kultuur het private skole minder as drie maande gegun om vertoë oor staatshulp in te dien.
Henriette Lamprecht
Private skole in die land wat 'n subsidie van die staat ontvang, het tot einde Oktober om aan die minister van onderwys, kuns en kultuur te motiveer waarom dit nie verminder of gestaak moet word nie.
Buiten dié subsidie ontvang private skole geen ander staatshulp nie, met die subsidie wat 'n groot bydrae tot onder meer die salarisse van onderwysers, basiese onderhoud sowel as die aankoop van handboeke lewer.
Die minister, me. Katrina Hanse-Himarwa, sê in 'n amptelike skrywe aan hoof- streekbeamptes, streekdirekteure en betrokke private skole die stap volg op 'n besluit om haar outoriteit te gebruik ten einde “verwante teenstrydighede te korrigeer”.
Hanse-Himarwa verwys in die skrywe gedateer 8 Augustus na artikel 20(4) van die Namibiese grondwet wat voorsiening maak vir die vestiging en onderhoud van private skole as 'n reg vir alle persone. In terme van dié regulasie is uitoefening van dié reg vir die eie onkoste van so 'n persoon.
Artikel 20(4) verskaf ook riglyne oor hoe private skole gevestig en bestuur moet word.
Bogenoemde regulasie word voorts ondersteun deur artikel 41(1) van die onderwyswet. Hiervolgens het 'n persoon die reg om 'n private skool te vestig en te onderhou op so 'n persoon se eie onkoste. 'n Vereiste is egter dat so 'n skool in terme van artikel 42 geregistreer word, alvorens onderrig geskied.
Op grond van die bepalings van artikel 49(2) van die onderwyswet, sowel as regulasie 58(2) van die wet wat in Oktober 2002 in die Staatskoerant gepubliseer is, kan die minister hulp aan private skole verleen. Voorts kan die minister ook die tye en prosedures van staatshulp aan private skole bepaal.
In die lig hiervan sê Hanse-Himarwa sy het besluit om staatshulp aan alle private skole te herbesin, met die doel om dit te verminder en, waar toepaslik, te staak.
In haar skrywe gee die minister die betrokke private skole minder as drie maande tyd om geskrewe voorleggings in te dien en vertoë te rig waarom die subsidies nie verminder of gestaak moet word nie. Elke private skool moet sy eie voorlegging doen en dit voor 31 Oktober by haar indien.
Sy het intussen die naweek gerugte op sosiale media ontken dat gratis onderwys in staatskole afgeskaf gaan word.
Hanse-Himarwa het wel erken sy het tydens 'n vergadering van Swapo se sentrale komitee aangevoer dat onderwys in wese nog altyd verniet was. Volgens haar het die regering nog altyd “skole gebou, vir onderwysers, water en elektrisiteit betaal, en handboeke en skryfbehoeftes gekoop”.
Ook moet ouers die bietjie bydra wat hulle kan, sodat skole iets ekstra kan doen, met die boodskap wat sterker uitgedra moet word dat ouers wél 'n bydrae moet lewer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie