Staatshuis sê vandag oor nuwe Covid-golf
Sou Amerikaners wél besluit om die land te besoek, moet hulle ten volle ingeënt wees.
Henriette Lamprecht – President Hage Geingob spreek Namibiërs vandag toe, nadat daar aanvanklik gister grootskaalse verwarring was oor of dit inderdaad gaan gebeur.
Die aanvanklike inligting was dat Geingob gisteraand op die nasionale uitsaaier, NBC, en dié se platforms sou praat, maar dit is intussen tot vandag verskuif. Die tyd moes nog aangekondig word.
Die leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), mnr. McHenry Venaani, het die staatshoof gister gekritiseer vir die "oorverdowende stilte" en "geen beslissende leierskap" in die lig van die stygende Covid-19-gevalle in die land nie.
Venaani wys in 'n verklaring daarop die president het verlede jaar toe net drie gevalle in die land aangeteken is, 'n nasionale grendeltydperk afgekondig.
"Nou, terwyl ons in die derde golf is en bedreig word deur 'n veel meer aggressiewe en ernstige variant, bly regulasies vir openbare byeenkomste steeds op ’n perk van 50. Nog meer ernstig is die nonchalante reaksie van die regering tot die stygende aantal gevalle," het Venaani gesê.
Hy stel voor sekere gebiede wat episentrums in die verspreiding van die virus is en wat Windhoek, Rehoboth, Swakopmund en Oshakati insluit, moet vir 'n tydperk van 14 dae gesluit word. Byeenkomste moet ook tot hoogstens 25 mense beperk word.
Namibië is intussen deur die Sentrum vir Siektebeheer (CDC) op vlak 4 vir reisigers geplaas weens ’n “baie hoë vlak van Covid-19”.
Volgens die waarskuwing word reisigers afgeraai om Namibië te besoek – dit in 'n tyd waarin toerisme in die land weer effens begin kop oplig het. Sou Amerikaners wél hierheen reis, moet hulle ten volle teen Covid-19 ingeënt wees. Die CDC maan egter weens die huidige situasie kan selfs bogenoemde reisigers die risiko loop om Covid te kry, of variante te versprei.
Die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN) se uitvoerende hoof, me. Gitta Paetzold, het verlede week reeds gewaarsku dat stygende Covid-gevalle en die stadige pas van inentings teen die siekte, Namibië in die gevaar plaas om weer as ’n “hoërisiko-bestemming” uitgesonder te word.
Paetzold het gemaan dié verwikkeling het reeds tot kansellasies van besprekings vir Julie tot September gelei wat groot kommer in die toerismebedryf veroorsaak.
Voor die waarskuwing deur die CDC het die jongste verslag oor bedbesettings vir April van HAN-lede oraloor in Namibië ’n gemiddelde besettingskoers van 26% vir die maand gewys.
“Dit is ’n bevredigende uitslag gegewe dat daar steeds baie angs en onsekerheid op streek- sowel as internasionale vlak in terme van reis per pad of per lug is,” het Paetzold gesê.
Soos wat verwag is, vorm die plaaslike mark steeds die meerderheid van gaste by instellings, met byna 58% van alle gaste wat Namibiërs is, in vergelyking met 27% in die laaste normale toerismejaar en wel 2019.
“Die Suid-Afrikaanse mark het ook ’n waardevolle deel van ons besigheid in April beslaan, met meer as 15% van gaste wat uit dié land afkomstig was. Dit teenoor die 8% in April 2019,” het sy gesê.
Namibië se hoofmark naamlik Sentraal-Europa – ingesluit Duitsland, Oostenryk, Switserland, Frankryk, Italië en ander – vorm sowat 19% van alle gaste na Namibië, in vergelyking met die 45% van April 2019.
“Dit mag laag lyk, maar Namibië is dankbaar om so baie internasionale reisigers te sien wat die lang reis na die land aanpak, ten spyte van voortgesette internasionale beperkings en onsekerhede,” het Paetzold in reaksie hierop gesê.
Sy het beklemtoon Namibiërs moet aktief die land bevorder en bemark as ’n veilige, oop en maklike toeganklike bestemming met duidelike vereistes, voorsiening wat vir entstofpaspoorte gemaak word om aanvaar te word en om meer lugrederye aan te moedig om hier te land.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie