Staatsdiens móét skoon
Die inhegtenisneming van 19 sogenaamde “spookonderwysers” en beweerde trawante wat hul onwettige betaling en/of oorvergoeding bewerkstellig het, bewys hoe endemies korrupsie in Namibië is.
Diegene wat hierdie feit wil versag, moet hul oogklappe afhaal.
Die ondersoek duur voort en talle arrestasies kan nog volg. Indien net hierdie persone die staatskas van sowat N$10 miljoen besteel het, sal die totale verlies baie groter wees.
Die speurtog by die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het lankal begin. Wanneer die permanente sekretaris van onderwys, kuns en kultuur, me. Sanet Steenkamp, sê hierdie soort bedrog en korrupsie vind ook in ander ministeries plaas, wonder die belastingbetalers of soortgelyke ondersoeke in elke afdeling van die staatsdiens plaasvind. Die hele staatsdiens móét skoongemaak word en ander ministers moet hieroor aan die publiek verslag doen.
Die oënskynlike groot aantal betrokkenes laat ‘n mens wonder oor die standaard van mensekapitaal wat die onderwys (en staatsdiens) aantrek. Oneerlike salarisbeamptes, wat waarskynlik smeergeld ontvang, speel ‘n sleutelrol in sulke bedrogskemas en ernstige vrae moet ook oor toesig en ouditvaardighede in personeelkantore gevra word.
Basiese beheermeganismes moet verhoed dat amptenare wat bedank het, afgedank is of gesterf het, steeds salarisse ontvang. Dieselfde meganismes moet die betaling van onwettige “verhogings” en byvoordele voorkom.
Hierdie korrupsie het ‘n aansienlike negatiewe uitwerking op ekonomie en moet oral met wortel en tak uitgeroei word.
So sê ander
24 September 2017
Mr. Trump Squanders the World’s Trust
At a crucial moment, Donald Trump is forcing the world to confront core questions it really shouldn’t have to ask: Can he be trusted? And, more saliently, can America be trusted?
His threats to jettison the Iran nuclear deal are undermining America’s credibility as a negotiating partner and weakening America’s ability to lead the free world as it has for 70 years.
Perhaps the most immediate consequence of reneging on the Iran deal is that it will make it even harder, if not impossible, for the president to negotiate a peaceful resolution of the crisis over North Korea’s nuclear weapons program.
Given the standard that Mr. Trump is setting for foreign policy reversals, his own decisions could eventually be overturned by his successor. But the damage to America’s standing as a trusted, reliable partner won’t be so easily repaired.
• THE NEW YORK TIMES

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie