Staatsaanklaer vas oor vermeende bedrog met verkeersboetes
'n Staatsaanklaer by die landdroshof op Otjiwarongo is met borgtog van N$2 000 vrygelaat nadat hy deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC) op klagte van korrupsie in hegtenis geneem is.
Mnr. Johannes Nunuheb het na bewering sy posisie as staatsaanklaer misbruik deur geld van die publiek te ontvang as betaling vir verkeersoortredings en dit vir homself geneem het.
Volgens die ACC het hy voorgegee dat hy die geld namens lede van die publiek vir hul verkeersoortredings sou betaal. Hy het verder ook aan die landdros wat die sake verhoor het, te kenne gegee dat die verkeerskaartjies foutief is en dat die klagte daarom teruggetrek moet word.
Nunuheb is op 15 Julie in hegtenis geneem. Borgtog van N$2 000 is aan hom toegestaan en die verhoor is vir pleitdoeleindes tot 29 Augustus vanjaar uitgestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie