Staat vra 45 jaar
Mesmoordenaar sê 'ware' moordenaar is steeds op vrye voet.
Jacqueline Louw - Trougoth Nanub (30) is op 12 Januarie deur regter Alfred Siboleka in Windhoek se hoërhof skuldig bevind aan die moord op sy eksmeisie, Cheroline Dausas (25).
Nanub, wat deurgaans onskuldig gepleit het, het Vrydag 20 Januarie steeds volgehou hy is onskuldig. Hy het ook skuld bly ontken aan twee aanrandings op ’n ander eksmeisie, waaraan hy ook skuldig bevind is.
Nanub het in die hof gesê Dausas se 'ware' moordenaar is steeds op vrye voet en die polisie moet hul werk doen en die moordenaar vind.
Hy het getuig hy was ontsteld oor haar dood en het gesê hy het nie geweet sy het gesterf tot sy verhoor begin het nie.
Dausas het kort voor sy in ’n kliniek gesterf het, glo gesê: “Striker het my gesteek.”
Nanub se biologiese pa het getuig hy het dié bynaam aan sy seun gegee.
Die mesmoordenaar het egter ontken dit is sy bynaam en ook gesê die getuie is nie sy biologiese pa nie.
Dausas is die aand van 9 Oktober 2012 deur Nanub aangeval terwyl sy en haar nuwe kêrel op pad na haar ma se huis was. Nanub het die paartjie gesien en vir Dausas gevra om saam met hom rivierwal toe te gaan om met hom te praat.
Sy het saam met hom gegaan en hy het haar begin slaan. Dausas het weggehardloop, maar is deur Nanub agtervolg en drie keer met ’n mes gesteek. Hy het toe gevlug en Dausas is na ’n nabygeleë kliniek geneem waar sy aan haar wonde beswyk het.
Mnr. Milton Engelbrecht, die prokureur wat Nanub se verweer behartig, het ’n vonnis van 32 jaar, waarvan vyf opgeskort moet wees, aan die hof voorgestel.
Adjunk aanklaer-generaal Jackson Kuutondokwa het namens die staat gesê Nanub toon geen berou nie en vir 45 jaar tronkstraf gevra.
Hy het ook gesê die beskuldigde verstaan nie dat ’n vrou die reg het om ’n verhouding te beëindig sonder om met haar lewe daarvoor te boet nie.
Regter Siboleka sal die vonnis op 1 Februarie oplê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie