Staat se skuldlas styg tot N$140,8 miljard
Staat se skuldlas styg tot N$140,8 miljard

Staat se skuldlas styg tot N$140,8 miljard

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die minister van finansies, mnr. Ipumbu Shiimi, het vanmiddag ‘n begroting van N$67,9 miljard in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê.
Die regering se verwagte begrotingsinkomste vir 2021-’22 sal N$52,1 miljard beloop. Dit is 6,1% laer as die N$55,5 miljard wat in 2020-’21 verwag is, sê die minister.
Aan die uitgawekant sal besteding 36,8% van die Bruto Binnelandse Produk (BBP) beloop en 5,8% laer wees as die N$72,1 miljard-begroting van verlede jaar.
Die operasionele begroting maak N$53,9 miljard van die totale begroting uit, en die ontwikkelingsbegroting N$5,6 miljard (3% van BBP).
Die begrotingstekort is 8,6% van die BBP, en sal deur plaaslike en internasionale lenings gefinansier word, sê Shiimi.
Die gevolg van die verhoogde finansiële eise aan die fiskus is ‘n toename in die openbare skuldlas tot N$140,8 miljard. Dit verteenwoordig 76,2% van die BBP, sê hy.

Kommentaar

Republikein 2026-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer