Staat se mediese personeel verdien hoogste eer

Dokters en verpleegsters professioneel, vriendelik

22 July 2021 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – God gebruik mense om ons te seën.

“God gee wysheid, kennis en riglyne aan hierdie dokters en verpleegsters om ander te versorg. Ons voel God se genade deur hulle,” sê die 36-jarige Mildred Nanuses wat tien dae in die ­Covid-saal van die Katutura-hospitaal behandel is deur personeel waarvoor sy net die grootste lof het.

So dikwels hoor jy negatiewe stories van dié hospitaal, erken Mildred en sy was skepties oor die behandeling wat sy hier sou ontvang.

Die teendeel was egter waar.

“Hulle is passievol oor hul werk en het 'n kombinasie van professionalisme en sorg. Ek kan myself nie indink deur die trauma wat hulle daagliks gaan nie, maar hulle word waardeer.

Volgens Mildred het sy nie een dag tydens die tien dae wat sy hier deurgebring het, gevoel sy is in die “stereotipiese staatshospitaal” nie.

Volgens Mildred het twee PCR-toetse vir Covid aanvanklik gewys sy is negatief, nadat sy sleg gevoel het.

Sy het die derde keer positief getoets, nadat sy “letterlik al die simptome in die boek” ervaar het en wat koors insluit.

Mildred het onderliggende mediese toestande en het besef “my oorlewing is in die weegskaal”.

Volgens haar het die dokter haar reeds in die spreekkamer op suurstof geplaas en begin rondbel om te hoor of daar plek is in 'n hospi­taal om haar onmiddellik op te neem. Hy kon egter nie vir haar 'n oop bed in 'n hospitaal in Windhoek kry nie.



RY NA ELKE HOSPITAAL

“Ek het besluit om self na elke hospitaal te ry met die hoop as hulle my sien, sal hulle my opneem. Ek onthou ek het voor my huis in my motor gesit en die Gees het net vir my gesê 'as jy ingaan, gaan jy nie weer uitkom nie'.”

Sy het Katutura-hospitaal toe gery wat “redelik vol was en soos 'n sirkus gelyk het” en besluit sy het geen ander keuse as om te sit en wag totdat iemand haar help nie.

Sy het 'n paar uur gesit en wag totdat 'n dokter haar herken het en “my in 'n stoel begin behandel het.”

Sy het suurstof ontvang en is op 'n drip geplaas en het steeds gewag totdat daar vir haar 'n bed beskikbaar was.

Die volgende twee dae was soos 'n waas, erken Mildred.

Sy is aanvanklik alleen in 'n kamer in die noodafdeling geplaas, waarna sy na die Covid-saal op die vierde vloer oorgeplaas is.

“Ek is nogal 'n moeilike pasiënt, maar nooit in enige stadium was die personeel onvriendelik nie. Ek was vir 'n paar dae kritiek en kon myself nie help nie, maar hulle was heeltyd ongelooflik behulpsaam, professioneel en vriendelik.”

Volgens Mildred het die personeel gedurig verneem hoe dit met haar gaan en haar probeer opbeur en moed inpraat en “sommer net met my gesels”.

Die saal was ook skoon en haar beddegoed is elke dag omgeruil, terwyl vensters oop was om vars lug in te laat.

Mildred wat verlede Sondag ontslaan is, sê sy was altyd “nonchalant” teenoor Covid en het steeds “normaal geleef”.

In Junie het sy egter besluit om nie meer te sosialiseer nie en eerder tuis te bly.

“Die oomblik toe ek begin voorsorg tref, toe kry ek Covid!”

Sy voel soos 'n wonderwerk, sê Mildred en voel erkenning is nodig aan dié wat haar met soveel omgee versorg het.

“Ek bid dat God sal voortgaan om hulle met krag, waagmoed en uithouvermoë te seën”.

Volgens Mildred is sy bewus van drie mense wat oorlede is terwyl hulle gewag het om in ander hospitale opgeneem te word.

In 'n skrywe aan die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, was twee pasiënte wat in die staatshospitaal op Gobabis was ook vol lof vir die personeel hier.

“Met die minste beskikbare hulpbronne tot hul beskikking, het hierdie span wondere verrig met almal van ons wat in die isolasiekamer was. Hulle sielkundige, emosionele en mediese ondersteuning kan nie in woorde omskryf word nie. As 'n span het hulle almal verseker dat ek uit daardie bed kon kom. Ek het nie genoeg woorde om my dankbaarheid aan die hele span uit te druk nie. Hulle verdien die hoogste mediese eer.”

– [email protected]

Soortgelyk

 

49 sterftes, 609 nuwe gevalle

12 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes styg met 49 waarvan 19 tuis was, tot 2 714. Die hoogste getal is in Gobabis met 12, gevolg deur Rehoboth met 10...

Give me Namibia’s unemployment problem and within 3 years...

1 dag gelede | Mense

Wetumwene Shikage She was born in Katutura, in a settlement known as Gemeente, which she describes with pride saying that after apartheid during...

Windhoek sloop ‘onbewustelik’

1 dag gelede | Infrastruktuur

Augetto Graig – Die Windhoek munisipaliteit se sloping van sinkhuise in die Tobias Hainyeko kiesafdeling Dinsdag was volgens burgemeester dr. Job Amupanda sonder die kennis...

Inwoners van Otjomuise keelvol vir diewe

1 dag gelede | Misdaad

Tanja Bause – Die gemeenskap van Agtste Laan in Otjomuise in die hoofstad is keelvol ná jarelange teistering deur gewoontemisdadigers. Hulle dreig nou om reg...

Pierneef in vervoering oor Namibië

1 dag gelede | Byvoegsels

Die internasionale veilingshuis Strauss & Co het bekend gemaak dat meer as 60 kunswerke in verskillende media, waaronder skilderye, tekeninge en waterverf, sowel as al...

Making his way up the corporate ladder

1 dag gelede | Mense

Desiree GasesEddie King was born and raised in the Western Transvaal town of Klerksdorp. He grew up in a home with loving, committed and hard-working...

Maria Louw manages an integral role at Paratus

1 dag gelede | Mense

Michelline NawatisesAfter being at Paratus for 14 years, Maria Louw considers herself to be “part of the furniture”, but Paratus considers her part of the...

Weer vir 23 Julie

1 dag gelede | Weer

WEERWAAK: Ooswindtoestande met sandstorms word tot oor die naweek aan die kus verwag.BINNELAND: Koud in die oggend oor die binneland, andersins sonnig en matig tot...

Parlement ‘bang’ vir LPM-leiers

1 dag gelede | Howe

Mathias Haufiku –Wetgewers vrees hul veiligheid sal in gedrang kom as die leiers van die Landless People’s Movement (LPM), mnre. Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb,...