Staan saam, of staan tou
Arbeid al belangriker kwessie op plase
Dr. Kobus Laubscher - Wanneer die uitdrukking in die opskrif oorweeg word, dink ’n mens dadelik aan samewerking binne landbougroeperinge vir byvoorbeeld ’n verenigde stem ten opsigte van grondhervorming (met of sonder vergoeding) en die impak daarvan op die mededingendheid van die landbou.
Dalk het só ’n fokus ook besinning nodig in terme van die mededingendheid op die plaas self en wat gedoen kan word om die produktiwiteit binne die grensdrade te verbeter.
Dit gaan oor arbeidsverhouding op die plaas en hoe daar dalk herwaardering daarvoor nodig is. In hierdie verband is daar ’n legio aspekte wat al hoe belangriker word.
Dink aan gesondheidsorg, skoling, loopbaangeleenthede ensovoorts. So byvoorbeeld toon navorsing dat die aantal anderskleuriges wat in landbou studeer, betekenisvol toegeneem het met sterk groei in vrouegetalle. Ongelukkig sien baie van hulle geen toekoms vir hulself in boerdery nie.
Die kwessies waarmee daar op plaasvlak geworstel word, is gesondheidsorg, geletterdheidsvlakke, skoling van werkers en hul kinders en om die lewe op plase makliker te maak wat sosiale samesyn betref. Dit gaan al meer oor véél meer as net die maandelikse salarisse van werkers.
Binnekort is daar ’n minimum loon vir plaaswerkers en alhoewel die landbou uitstel gekry het ten opsigte van die implementering, bly bekostigbaarheid ’n uitdaging.
Vergeleke met ander lande met wie ons moet meeding, gebruik ons te veel arbeid per uitset. In Australië wat nou kliphard vry dat Suid-Afrikaanse boere daarheen keer, is arbeid op plase geweldig duur. Daarmee saam is daar streng vereistes wat produktiwiteit betref.
Op plaaslike plase is daar ’n groot gros werkers wat nie sulke toetse sal slaag nie, maar wat om ander redes steeds in diens is. Ongelukkig dra dit negatief by tot die vergoeding en relatiewe skaarsheidswaarde van sulke werkers.
Andersyds is daar bewyse van opgeleide werkers wat uit die landbou getrek word om in nie-landbou sektore te gaan werk. Baie boere sal getuig hoe goeie trekker- en ander bestuurders ná opleiding weggelok word. Landbou sal dus meer en anders moet dink oor die behoud van hierdie werkers en hoe om landbou as werkgewer meer aantreklik te maak.
Baie boere belê baie geld om die omstandighede van plaaswerkers te verbeter en die lys van dinge is indrukwekkend. Dit vind ook neerslag in die winsgewendheid van sulke plase.
Beleggings in die opleiding van die vroue van plaaswerkers is lofwaardig en verdien meer erkenning was wat tans die geval is.
Tegnies is omtrent alle plaasarbeid aangewese op dienste wat gratis deur die staat verskaf word, maar die feit is dat baie van dié dienste verval het. Indien boere nie self daarvoor instaan nie, ly die plaas daaronder. Dink hier aan gesondheidsorgsprogramme waar primêre gesondheid veronderstel is om gratis te wees, maar die gate in dienslewering lei tot onbekostigbare geleentheidskoste. Sosiale opheffing soos gesinsvoorligting en toegang tot goeie skole op die platteland, kan in die meeste gevalle net ontsluit word deur die toetrede van die boer en sy gesin.
Die ironie is dat die afwesigheid hiervan nie net die plaaswerkers sonder beskerming laat nie, maar dat die betrokke boere dikwels onregverdiglik blameer word.
Die slegte is sekerlik die negatiewe impak op produktiwiteit. Die beeld van landbou word ook negatief geraak en die suksesverhale oorwat met die omgekeerde vermag word, word gerieflikheidshalwe oorgesien.
Wanneer daar dus besin word oor die mededingende rol van landbou in die mandjie van bedrywe wat die ekonomie vorentoe moet neem, is groter samewerking binne die grensdrade van die plaas die noodsaaklik. Sonder dit sal almal om die verkeerde redes tou staan.
’n Herwaardering van arbeid op die plaas is nodig omdat die geskooldheidsvlakke wat vereis word, reeds baie hoog is. Minder werkers wat beter opgelei is, gaan benodig word en ongeskooldes, ten spyte van jare se ervaring van algemene plaaswerk, gaan nie meer werk hê nie.
Net soos ons nie swak werksomstandighede op plase kan bekostig nie, kan ons nie bekostig om mense werk te gee sonder ’n verbetering van die uitkomste nie.
Net so moet die werksomstandighede op plase voordeliger gemaak word om nuwe toetreders van die regte kaliber te lok. Aspekte soos behoorlike werknemersvoordele sal ook van toepassing gemaak moet word.
Hierdie vereistes geld nie net megaboere nie, maar moet op alle plase in werking gestel word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie