Sportklubs op Mariental nou onder een vaandel
Sportklubs op Mariental nou onder een vaandel

Sportklubs op Mariental nou onder een vaandel

Gerine Hoff
Verskeie sportklubs op Mariental het saamgesmelt en val nou almal onder dieselfde sambreelorganisasie.
Die gholfklub op die dorp het onlangs met die rugby-, krieket-, fietsry- en hengelklubs saamgesmelt en saam vorm hulle die Mariental Sportklub.
Die Lionsklub het geld vir die sportklub beskikbaar gemaak vir die verbetering van die klub se bestaande onthaalarea. Bouwerk aan die nuwe onthaalarea behoort teen die einde van die voltooi te wees.
Die Sportklub bedank mnr. Jaco van der Westhuizen wat die verbeteringe aandryf en bestuur. Dank word ook betuig aan alle borge van die gholfkompetisie vir die jaar tot op hede, naamlik Cash for Africa, Mariental Verkoeling, Super Selfhelp, Golden Game, Wessel van Wyk, Mariental Build It, Drs. Scheepers & Pretorius, Li-Q-Liner en Nell, Hoek & Co Trust.
Die sportklub se sekretaris, mnr. Daniël Kotze, het gesê die volgende gholfkompetisies vind op 20 Junie (deur Sanlam Mariental geborg) en 11 Julie (deur Dr Robert Young geborg) plaas. Die volgende rugbywedstryde wat op die tuisveld plaasvind, is op 18 Julie, teen Walvisbaai.
Diegene wat aan die kompetisies wil deelneem, kan Kotze by 081 471 7221 skakel.

Kommentaar

Republikein 2025-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer