Sportgemeenskap in rou ná sterftes
Huldeblyke
Die doodsengel het die naweek twee van Namibië se bekende sportfamilies besoek.
Me. Riekie Fredericks, die moeder van Namibië se wêreldbekende Olimpiese naelloper, Frank Fredericks, het Vrydagoggend gesterf. Sy het ’n hartaanval gekry, waarna sy in die Katolieke hospitaal in Windhoek opgeneem is en beswyk het.
Me. Fredericks was 77 en vir jare lank ’n sleutelfiguur in Namibiese netbal. Nadat sy in haar jonger dae ywerig tennis gespeel het, het sy haar egter veral as afrigter en administratuer in netbal bekwaam.
Veral in die geledere van Black Africa en die Khomasstreek het sy vir jare ’n diens gelewer gedurende ’n era waarin die sport betekenisvolle hoogtes bereik het.
Agter die skerms het sy voor onafhanklikwording selfs ’n meer onmisbare rol gespeel om as enkelmoeder vir Frank Fredericks groot te maak, wie se prestasies op die atletiekbane van die wêreld min bekendstelling nodig het. Fredericks het sy vier Olimpiese medaljes as naelloper opgevolg deur later ook as president van Atletiek Namibië te dien en deur middel van sy sportstigting in die volgende geslag terug te ploeg.
• Gisteroggend se skielike afsterwe van die elfjarige Lumé de Beer het die sportgemeenskap ook diep geruk. Sy was die oudste dogter van Ronel (voorheen Snyman) en Sybrand de Beer.
Lumé het glo Saterdag siek begin voel en is die aand hospitaal toe geneem, waar sy gisteroggend aan longontsteking oorlede is.
Sybrand en Ronel het beide Namibiese kleure (in rugby en netbal) en het ná hul speeldae ook aktief gebly om in hul onderskeie sporte terug te ploeg. Die Snyman en De Beer families se voorgeslagte het ook blywende spore in die land se netbal en rugby getrap.
Republikein dra sy innige meegevoel aan al die naasbestaandes oor.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie