Sportgees seu00ebvier tussen felle mededingers
Sportgees seu00ebvier tussen felle mededingers

Sportgees seëvier tussen felle mededingers

Uitslae van hul eerste interhoër was redelik eweredig versprei tussen WHS en Gimmies.
Andrew Poolman
Andrew Poolman



Met bykans vyfduisend toeskouers deur die hekke is daar geen twyfel nie dat die eerste interhoërbyeenkoms tussen Windhoek Hoërskool en Windhoek Gimnasium gekom het om te bly.

In sy 100ste bestaansjaar was WHS die gasheer vir die meestal vriend­skaplike wedstryde teen sy hewige teenstander op sportgebied, wat self vanjaar tien jaar oud word.

'n Man soos mnr. Bertus Gous, wat vir 15 jaar skoolhoof was nadat hy in 1971 as onderwyser by WHS begin het, sê vandat die Vegkop-rugbystadion in die vroeë 1960's gebou is, het hy nog by geen geleentheid méér toeskouers op die pawiljoene gesien nie.

Die groot afsluiting van die inter­hoër was tussen die eerste rugbyspanne, waar Windhoek Hoërskool met 30-23 gewen het. Dit was egter nadat Franco Opperman se Gimmies vroeg met 10-0 voorgeloop het en die spanne rustyd met 16-16 gelykop was.

Gimnasium se losskakel Denzo Bruwer het met 'n individuele breekslag die eerste drie gedruk en oorgeskop. Kort daarna het hy 'n strafskop uit sy eie helfte deur die pale gejaag en gewys hoekom hy vanjaar gekies is om die Namibiese 10-trui by die o.18 Cravenweek te dra.

'n Geel kaart vir WHS se stut Andries Jacobs het nog 'n ambisieuse strafskopkans vir Bruwer gebied, maar dié keer het hy van sy eie tienmeterlyn nie geslaag nie.

Vir WHS was sy Cravenweek-heelagter Delron Brandt die belangrike skakel in sy skoppatroon om te verseker dat die bloues nie terugstaan in die stryd om goeie veldposisies te verseker nie. Vanaf 'n aanvallende lynstaan het WHS se regtervleuel Ettienne du Toit vir 'n drie in die hoek voor die hoofpawiljoen oorgeval om sy span met 10-5 op die telbord te plaas.

Vir die res van die eerste helfte het Bruwer en Brandt strafskope uitgeruil totdat Gimnasium met 16-11 voor was. Net voor rustyd was WHS weer op die aanval en het 'n strafskop vinnig getik, van waar die buitesenter Elmarco Beukes 'n drie gedruk het. Die doelskop se hoek was te veel vir Brandt en sake was dus gelykop toe die rustydfluit blaas.



TWEE DRIEË VIR MUIR

Nege minute ná die hervatting het WHS se stewige binnesenter Justin Muir 'n vlak aangee op volspoed raakgevat, waar hy naby die doellyn nie gekeer kon word nie.

Met sowat agt minute speeltyd oor het Elmarco Beukes 'n geel kaart gekry vir 'n omdopduikslag waarin hy sy direkte opponent Henry Olivier op sy sy neergesit het.

WHS het sy voorsprong egter vergroot toe Muir sy tweede drie met 'n byna identiese stormloop naby die doellyn afgerond het. Brandt se doel­skop het dit 30-16 gemaak.

Gimnasium se vinnige tikskoppie naby die doellyn het hulle die laaste punte van die dag besorg toe hul slot Armand Kotze die doellyn gehaal het vir Bruwer om oor te skop.

Beide spanne sal vandeesweek probeer uitrus vir hul ontmoeting komende Saterdag by Gimnasium se veld waar kosbare ligapunte in die Momentum o.19 premierliga op die spel sal staan.

Afrigter Jaco Engels se Leeus sal egter heel moontlik steeds sonder die flank Roaldo Rittmann wees, wat sowat twee weke gelede 'n oogoperasie ondergaan het. Rittmann is as kaptein van vanjaar se o.18 Cravenweekspan aangewys.

• WHS se talentvolle eerste seunshokkiespan het met 'n oorwinning van 5-0 van die baan gestap, danksy doele deur Dylan Barnard, die kaptein Wietz Meyer en 'n driekuns deur Ivan Semedo. Die ligbloues het vroeër vanjaar ook op hul toer in Suid-Afrika met van die topskole daar afgereken.

Gimnasium se eerste meisieshokkiespan het WHS met 1-0 geklop danksy 'n treffer deur Karli du Preez.

Die eerste netbalspanne het ook 'n opwindende wedstryd gelewer voordat WHS as wenners met 45-25 afgestap het.

Op die netbalbaan het Gimnasium se o.17's met 31-24 gewen, terwyl WHS se o.19B-span met 'n oorwinning van 17-9 teruggekap het. Die o.15A1-wedstryd het Gimnasium met 28-18 beklink, terwyl die o.15A2-ontmoeting naelskraap in WHS se guns klaargemaak het (12-11).

In die tweestryde tussen die tafeltennisspelers is die knoop met 12-2 in Gimnasium se guns deurgehaak.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%