Sport en kwotas
In Suid-Afrika is die tonge opnuut los oor sport en politiek en die grense wat tussen hierdie aspekte van ’n nasionale huishouding getrek moet word, al dan nie.
In Namibië is die kwessie van transformasie in sport en kwotas as ’n hervormingsmeganisme veel minder gereeld in die kalklig. Tog is die tekens daar van meer gestruktureerde ingryping.
In SA het minister Fikile Mbalula hierdie week die voet dwarsgesit en sportliggame wat nie by transformasiedoelwitte wil inval nie, verbied om internasionale byeenkomste aan te bied.
Sonder om te redekawel oor hoe skeef of reguit Mbalula die bal in die skrum van verandering ingegooi het, kan transformasie sonder prestasiemaatstawwe groot skade berokken. Kwotas bloot om die onthalwe van kwotas kan mededingendheid benadeel en juis sportkodes in die internasionale arena knou.
Natuurlik moet alle inwoners gelyke geleenthede hê om tot op die hoogste sport van die talentleer te klim. Die teendeel sal op diskriminasie berus.
Besture móét hul sport aan alle inwoners bekendstel en alle talent ontwikkel. Die teensy sal stagnasie kweek.
Die ope vraag is of elke sportspan natuurlik en logies ’n demografiese spieëlbeeld van ’n land kan wees. Met gelyke geleenthede sal verandering onvermydelik gebeur.
In Namibië, met sy klein sportbegroting, is groter beleggings deur die regering nog baie meer noodsaaklik as in SA.
Ook hier is ’n duidelike beleid nodig waarby almal kan inkoop eerder as dat leiers los politieke skote op sportkodes aftrek wanneer dit hulle pas.
So sê ander
26 April 2016
Gun to the head of sports bodies
Unless South African sport gets its act together regarding transformation, it is unlikely that the country will see major international tournaments in the near future.
The topic of transformation is always a hot potato in South Africa with some suggesting selection should be on merit only. However, Sports Minister Fikile Mbalula has left nobody in any doubt that South Africa is lagging badly when it comes to transformation.
With this gun to their heads, the affected sports bodies are all likely to hold urgent reviews into their policies when it comes to selection and quotas. It is unclear when the results of the transformation barometer will be released next year, but one can expect frantic activity within the various sports bodies to redress the imbalance.
It is hoped Mbalula and the government will provide financial muscle the bodies require as they bid to fast-forward black talent.
• THE HERALD (SA)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie