Spoorwegherlewing in die vooruitsig
Die adjunkminister het die regering se toewyding aan en ondersteuning van die ontwikkeling van spoorweë in die land benadruk.
Augetto Graig
Die adjunkminister van werke en vervoer, mnr. James Sankwasa, het die regering se toewyding aan Namibiese spoorweë en TransNamib opnuut by die opening van die Walvisbaai-korridorgroep (WBCG) se forum bevestig.
Die forum is getiteld “Die spoorweg as integrale element van 'n logistieke middelpunt”.
“Namibië erken die rol van vervoer en logistiek, wat al belangriker word in die bespoediging van streeksekonomiese groei,” het hy by dié geleentheid gesê.
Die opening is Dinsdag by die Safari Hotel en Konferensiesentrum in Windhoek gehou en is al sedert 2014 'n jaarlikse WBCG-instelling.
Sankwasa het genoem moderne bloktreine loop tussen China en Europa, wat laas jaar meer as 3 600 reise voltooi het en toenemend gewild raak.
'n Bloktrein is ook bekend as 'n eenheidstrein, waarvan alle waens na dieselfde bestemming reis, en van dieselfde vertrekpunt af reis – sonder om tydens die reis verdeel of gestoor te word.
“Dit het met een trein 'n maand begin en tot ses per week gevorder,” het die adjunkminister oor die verwikkelinge in China se vervoerinfrastruktuur gesê.
“Al bestaan Namibië se bevolking maar uit 2,4 miljoen mense beweeg die land na 'n posisie om 'n toegangspunt vir meer as 240 miljoen mense in die breër Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) te word deur Walvisbaai se hawe, wat tans uitgebrei word,” het Sankwasa gesê.
“Deur die Walvisbaai-korridor maak die spoorinfrastruktuur en hawe die invoer en uitvoer van seevrag moontlik,” het hy gesê.
Sankwasa het gesê Namibië se spoorweg-geskiedenis is vanjaar 123 jaar oud.
Volgens die adjunkminister word minder mense en meer swaar vrag deesdae per trein vervoer, en hoewel die lokomotiewe verouderd is en die treinspore verwaarloos, is spoorweë noodsaaklik in die nasionale plan om 'n logistieke kern vir suidelike Afrika te word.
Oor Suider-Afrika heen ly spoorweë verliese, met Transnet Freight Rail en hul swaarvragroetes as uitsondering, het hy gesê.
“Afrika se koloniale spoorweë is gebou volgens die laagste moontlike standaarde om slegs lae asgewig en lae spoed te kan hanteer – 'n nalatenskap wat Namibië ook met baie spoorwegstelsels op die vasteland deel,” het hy gesê.
Sankwasa het gesê Namibië is tans besig om die plaaslike spoorstelsel te vergroot na 18,5 ton vraggewig per as in ooreenstemming met SADC-standaarde.
Dit behels die vervanging van sowat 1 206 km spoorlyn wat tans net 16,5 ton kan dra uit die totale stelsel van 2 682 km.
Die regering het sedert onafhanklikheid die spoorlyn van Tsumeb na Oshikango gebou, en verskeie lokomotiewe, waens en tenkwaens aangekoop, terwyl die spoorlyne tussen Aus en Lüderitz, Kranzberg en Tsumeb steeds in werking is en voorbereiding van die lyn van Ondangwa tot Oshakati vorder.
Toekomsprojekte sluit in die ontwikkeling van spoorlyne tussen Grootfontein, Rundu en Katima Mulilo, en tussen Gobabis en Buitepos.
Volgens die adjunkminister is die ontwikkeling van die Trans-Kalahari-spoorweg 'n prioriteit.
“Dit is noodsaaklik dat spoorweë ondersteun word en die kapasiteit daarvan versterk word om aan te pas by die uitdagings wat die logistieke bedryf tans raak,” het hy gesê.
“Ek wil die aandag daarop vestig dat ons regering beïndruk is met die vars, visioenêre leiding van mnr. Johny Smith om TransNamib te herstel en te transformeer sodat die spoorwegsektor sy mededingende plek in die mark kan herwin,” het die minister gesê.
Smith, TransNamib se uitvoerende hoof, het 'n toespraak oor die toekoms van die spoorweg- staatsonderneming gelewer.
Hy het gesê bloktreine vorm deel van die plan om op spoorweë te fokus, en om die TNX- en OPX-afleweringsdienste af te skaf, asook die paddienste wat TransNamib tans verskaf.
TransNamib sal op stasie-tot-stasie- en hawe-tot-stasie-dienste fokus, asook op kliëntebetrokkenheid en die vergroting van vragvolumes wat vervoer word, het Smith gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie