Spoorsnyers help 'renosterstropers' vastrek

Tweelingbroers van 69 jaar oud het saam met boere en die K9-teenstropingseenheid spoorgesny wat gelei het tot die inhegtenisname van drie verdagtes by Gobabis.
Sanet de Waal
Francoise Steynberg

Drie vermeende renosterstropers met 'n vuurwapen is Saterdag met behulp van boere, spoorsnyers en die K9-teenstropingseenheid vasgetrek nadat die karkas van 'n dragtige witrenosterkoei Vrydag by 'n lodge in die Gobabis-distrik ontdek is.

Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is die renoster se horings verwyder waarmee ander verdagtes op die vlug geslaan het.

"Drie verdagtes is Saterdag deur die Gobabis-polisie en 'n private teenstropingseenheid by 'n padblokkade buite Gobabis vasgetrek, maar dié met die horings in hul besit, is nog op vrye voet," het De Klerk Sondag aan Republikein gesê.

Hy het bevestig dit is die eerste geval van renosterstropery by dié lodge. Weens veiligheidsredes word die naam van die lodge weerhou.

TWEELINGBROERS

Twee identiese tweelingbroers, mnre. Jan en Koos Pienaar (69), was deel van die span wat spoorgesny en gehelp het om die drie verdagtes vas te trek.

Beide van die tweelingbroers was in die weermag en het destyds die gesogte Ratel-toekenning vir spoorsny ontvang, maar hulle is baie beskeie daaroor, asook dat hulle Saterdag sowat 15 km ver op hul ouderdom gestap en spoorgesny het.

"Ek was van 1970 tot 1990 in die weermag," het Jan, 'n boer naby Aminuis wat ook besig is om 'n misdaadvoorkomingsforum in die gebied op die been te bring, gister aan Republikein gesê.

"Ons moet hande met die polisie vat om hulle te help, want hulle het 'n gebrek aan hulpbronne. Forums vir misdaadvoorkoming is reeds by Witvlei, Leonardville en Dordabis gestig," het hy gesê.

Koos, 'n professionele jagter in die Zambezistreek, en vier van sy spoorsnyers se kundigheid is ook ingespan. Hy is in 1995 as eervolle bewaarder deur die omgewingsministerie bekroon weens sy aktiewe rol in natuurbewaring en bekamping van stropery in die Zambezistreek om Namibië se wildlewe te bewaar. Hy is ook 'n lid van die Hunters United Against Poaching-trust (HUAP).

"Ek wil nie my spoorsnyers se identiteit bekend maak nie, want met die hoë prys van renosterhoring op die swart mark, wil ek nie hul lewens in gevaar stel nie," het hy aan Republikein gesê.

Die renosterkarkas is glo Vrydag deur 'n jagter ontdek en die lodge se bestuurder is ingelig wat op sy beurt die polisie en vir Jan vir hulp gebel het.

Mnr. Rickus Spangenberg van die K9-teenstropingseenheid sê hy het spesiaal Paasnaweek in die Gobabis-distrik gaan werk om wilddiewe vas te trek, omdat daar verwag is dat hulle sou toeslaan.

"Ek, my vennoot en honde-instrukteur, Mannfreid Weiss, my vyf hondehanteerders, bloedhonde en wolfhond, asook 'n beampte van die omgewingsministerie het Vrydagnamiddag tot in die vroeë oggendure begin werk," het Spangenberg vertel.

"Saterdag omstreeks 05:00 het die boere, Marius Labuschagne en Hannes Nel, oom Jan en oom Koos en sy vier spoorsnyers by ons aangesluit en ons het tot omstreeks 16:00 tot in die informele nedersetting in Gobabis spoorgesny waar die verdagtes deur voertuie opgelaai is."

"Die polisie van Gobabis is laat weet en hulle het 'n padblokkade buite Gobabis opgestel waar die drie verdagtes met 'n vuurwapen en bebloede klere en skoene in hegtenis geneem is," het Spangenberg gesê.

Hy sê hy kan weens veiligheidsredes ook nie die identiteit van sy hondehanteerders bekend maak nie.

Spangenberg sê hy is ontsteld oor die stropery van die dragtige renosterkoei "wat seker oor so 'n maand sou kalf, maar stropers geen nie 'n duit om nie".

Die polisieondersoek duur voort. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%