Spoorlyn herstel nu00e1 ontsporing van nege petrolwaens
Spoorlyn herstel nu00e1 ontsporing van nege petrolwaens

Spoorlyn herstel ná ontsporing van nege petrolwaens

Henriette Lamprecht
TransNamib het bevestig die spoorlyn wat beskadig is ná die ontsporing van nege petrolwaens Dinsdag naby Brakwater, is herstel en weer in werking. Volgens 'n verklaring is TransNamib ook besig om die ongelukstoneel op te ruim.

TransNamib het ook in die verklaring hul dank uitgespreek teenoor alle nooddienste, die brandweer en die Namibiese polisie wat gehelp het om die vuur te blus en die spoorlyn weer operasioneel te kry. Die oorsaak van die ontsporing asook die koste van die skade sal deur 'n ondersoek bepaal word.

Kommentaar

Republikein 2025-12-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer