Spogplaas van miljoene vir Namibiese weermag
Spogplaas van miljoene vir Namibiese weermag

Spogplaas van miljoene vir Namibiese weermag

Namibië se platsak weermag het groot planne vir die duur wildplaas wat hy onlangs gekoop het.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Die Namibiese weermag het vier maande gelede 'n spog- wild­plaas naby Okahandja wat aan oudpres. Sam Nujoma se boesemvriend, mnr. Kurt Steinhausen, behoort het, vir N$45 miljoen gekoop.

Die plaas Oropoko, met sy Olimpiese standaardskietbaan en luukse lodge, was in die mark vir N$69 miljoen, “maar ons het dit ná onderhandeling vir N$45 miljoen gekoop”, het maj. Peter Shilumbu, weermagwoordvoerder, gister by navraag bevestig.

Die oordrag van die titelakte het op 25 September 2017 geskied.

Dit is vier maande voordat die weermag vandeesmaand groot getalle soldate en ander personeellede met verpligte verlof huis toe gestuur het, aangesien daar nie geld is om vir hulle by weermagbasisse te sorg nie.

Shilumbu sê die plaas is om ver­skeie redes 'n aanwins vir die weermag.

Een daarvan is die talle wildspesies en die geleentheid wat dit die weermag bied om sy soldate te leer om “in harmonie met die natuur te leef” en om die wildlewe te beskerm sonder om dit vir die pot dood te maak.

“Die prys mag hoog klink, maar die voordele wat die weermag uit Oropoko gaan kry, is na ons mening meer as wat die plaas gekos het,” sê Shilumbu.

“Verder is die plaas strategies geleë, aangesien dit nie ver van Windhoek af is nie. Daar is 'n landingsblad vir helikopters en 'n vliegveld en die weermag wil dit in 'n militêre lughawe omskep.

“Die plaas het ook 'n skietbaan wat volgens Olimpiese standaarde gebou is en wat gebruik sal word om soldate se skietvaardighede te vervolmaak.”

Hy gaan voort om die plaas se lof te besing en sê dit beskik oor 'n konferensiesentrum, kombuise, akkommodasiegeriewe, 'n wassery en motorwerktuigkundige geriewe waar weermagvoertuie herstel kan word.

“Om alles te kroon, het die plaas 'n goed ontwikkelde, onafhanklike waterinfrastruktuur en dit is ook nie vir elektrisiteit van die nasionale netwerk afhanklik nie.”

Dít sal volgens Shilumbu help om koste te bespaar.

Steinhausen (85) is van Nümbrecht in Duitsland en het hom in 1990 in Namibië gevestig.

Dit is wyd bekend dat hy en Nujoma reeds jare lank goeie vriende is.

Groot gewag is in 2003 daarvan gemaak toe Steinhausen N$100 000 geskenk het vir die fliek oor Nujoma se lewe, Where Others Wavered – 'n projek wat die land destyds N$50 miljoen gekos het.



HUIS TOE GESTUUR

Die weermag het einde Januarie sy personeellede by sewe basisse in die land versoek om in Februarie verlof te neem en huis toe te gaan.

Mnr. Calle Schlettwein, minister van finansies, het gister aan Republikein gesê dit is nie 'n ongewone stap nie en die weermag kan dit doen indien daar nie vir daardie personeel werk is

nie.

Hy sê die publiek het die regering versoek om te bespaar en nou dat die regering maatreëls soos hierdie en die verbod op buitelandse reise ingestel het, sê Namibiërs dit is omdat die regering bankrot is. “Dit is nie die geval nie,” het hy benadruk.

Hy sê deur die soldate met verlof te stuur, word bespaar op uitgawes soos kos, water en elektrisiteit.

Die weermag het in die 2017-'18-boekjaar N$5,6 miljard van die tesourie ontvang.

Hiervan is N$442 miljoen vir ontwikkeling opsy gesit en N$263 is vir geklassifiseerde behoeftes begroot.

Daar is nie in die begroting vir die aankoop van sulke eiendom voorsiening gemaak nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.96 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.35/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.95% | Zinc US$ 2 899.40/T UP 1.58% | Brent Crude Oil US$ 89.09/BBP UP +0.22% | Platinum US$ 912.78/OZ DOWN -0.0034 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.96 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.35/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.95% | Zinc US$ 2 899.40/T UP 1.58% | Brent Crude Oil US$ 89.09/BBP UP +0.22% | Platinum US$ 912.78/OZ DOWN -0.0034