Spoegwolf hou mu00f4reaand tweede digitale konsert
Spoegwolf hou mu00f4reaand tweede digitale konsert

Spoegwolf hou môreaand tweede digitale konsert

Moet dit nie misloop nie!
Yandi Du Plessis
Yandi du Plessis

Spoegwolf se amptelike webblad en stroomplatform, Die Rivier, het vanjaar die lig gesien. Volgens dié groep is die platform soveel groter as dié generiese beskrywing.
“Dis 'n huis vir 'n gemeenskap met ’n venster waar die kuns deurskyn; ’n supercharged familie-WhatsApp-groep waar almal in ons gesin saam kan deelneem aan die vreugde van musiek en samesyn. Kry eksklusiewe toegang tot splinternuwe Spoegwolf songs, videos, podcasts en verhale. Blaai deur ons blou boekies waar resepte en gedigte lê. Deel met ons jou leed en liefde. Sit jou boot op die rivier,” lui ’n inskrywing van 8 April op dié groep se Facebook-blad.
Op Die Rivier kan aanhangers na liedjies of podsendings luister of na musiekvideos of kortflieks kyk. Spoegwolf, wat uit Moskou du Toit, Chris von Wielligh, Albert van der Merwe en Danie du Toit bestaan, deel ook daagliks gedigte, resepte, gedagtes en verhale.
“Jy is in Spoegwolf,” lui die verwelkoming op die blad.
Aanhangers was rasend opgewonde toe die groep op 15 Mei ’n “digitale mini-konsert” op Die Rivier gehou het.
“Ons sal een keer ’n maand so ’n show doen,” het hulle belowe.
Opgewonde aanhangers het na die blad “gestroom,” maar kort daarna kon die blad nie meer die hoeveelheid mense dra wat ingeteken het nie.
“Ons is jammer. En wow! Julle het die internet gebreek! Ons het nooit gedroom ons sou so baie traffic na ons show kry nie. Ons webblad kan nie so baie mense hanteer nie. Ons het nie geweet so baie mense weet eens van Spoegwolf nie. Ons sal ons websiteherbou om die verkeer te hanteer! Weer eens, well done, jammer, dankie. Ons en julle breek venues, nou breek ons websites,” het die groep se sosiale media-inskrywings gelui.
Spoegwolf se tweede konsert op Die Rivier is van môreaand af beskikbaar.
“Dit is die hardste, malste, lekkerste konsert wat ons in jare gedoen het,” lui ’n plasing op die groep se Instagram-blad.
Die konsert begin tussen 19:00 en 19:30. Jy kan ’n naweekkaartjie vir N$60 koop of N$39 betaal vir ’n maandelikse intekening op Die Rivier.
Namibiërs kan ook aansluit (ek het gekyk).
Aanhangers hoef nie dié keer versigtig te wees om die rivier te oorstroom nie.
“Ons webblad is opgegradeer en sal meer mense kan hanteer. Ons het ook meer songs gedoen en harder as ooit gegaan by Sunset Recording Studios,” het die groep belowe.
Waar hulle laas vier liedjies opgevoer het, gaan hulle môreaand sewe opvoer.
Soos hulle laas belowe het, sal Spoegwolf dié keer van beter weet as om hulle aanhangers te onderskat. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-09-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer