Spoedvrate kan lisensies verloor
'n Herhaalde verkeersoortreder se lisensie kan vir tot drie jaar opgeskort word.
Tanja Bause
Motoriste wat meer as 80 km/h op die Westelike verbypad ry, gaan van roekelose en nalatige bestuur aangekla word, terwyl oortreders se motorlisensies ook opgeskort kan word.
Die spoedbeperking op dié gewilde roete vir jaagduiwels is twee weke gelede van 120 km/h tot 80 km/h verminder. Dit geld vir die hele roete van die Monte Christo-brug af tot by die sirkel in Auasstraat.
Volgens senior superintendent Adam Eiseb, van die stadpolisie se verkeerseenheid, wil die stadspolisie 'n sterk genoeg saak teen spoedoortreders maak sodat hul lisensies opgeskort of herroep kan word.
Motorbestuurders wat vir nalatige of roekelose bestuur of vir bestuur onder die invloed van drank aangekla word, se lisensies kan deur die hof teruggetrek word.
“Die hof kan besluit of 'n eerste oortreder se lisensie vir drie maande opgeskort sal word. As die persoon weer oortree, kan dit vir ses maande opgeskort word. 'n Herhaalde oortreder se lisensie kan vir tot drie jaar opgeskort word.”
Eiseb het voorts gesê die polisie kan ook teen mense optree wat onwettige U-draaie maak en wat links van die geel streep op die Westelike verbypad ry.
“Om dit te doen, is 'n oortreding. Die stukkie pad langs die geel lyn is basies 'n sypaadjie. Dit is waar voetgangers en fietsryers beweeg en nie voertuie nie,” het Eiseb gesê.
Paaie gesluit
Volgens plan gaan sekere toegangspaaie gesluit of opgegradeer word.
Dit sluit in Hegelstraat uit Academia Uitbreiding 1, asook Berntstraat wat die toegangspad van Pionierspark Uitbreiding 1 na die Westelike verbypad is.
Dit sluit ook Mandume Ndemufayorylaan in wat by die Universiteit van Namibië (Unam) by die verbypad aansluit.
“Dit is 'n korttermynoplossing om die verbypad vir motorbestuurders, passasiers en voetgangers veiliger te maak totdat dit weer tot 'n deurpad opgegradeer word en die spoedbeperking weer na 120 km/h aangepas gaan word,” het Eiseb gister aan Republikein gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie