Spoedoortreders op Westelike verbypad nou vasgevat
Tanja Bause
Die wetstoepassingstoerusting wat deur die stadspolisie gebruik word om die spoedperk van 80 km/h op die Westelike verbypad toe te pas, is deur die Namibia Standards Institution (NSI) goedgekeur en oortreders sal van nou af beboet word.
Volgens snr. supt. Adam Eiseb van die stadpolisie se verkeerseenheid is twee van die spoedkameras vir wetstoepassing goedgekeur en kan nou gebruik word.
“Die een werk met 'n laser en die ander met radar. Beide is outomaties, wat beteken die bestuurder sal nie gestop word nie. Sodra hy te vinnig gery het en gevang is, begin die vervolging. Die bestuurder sal in kennis gestel word van die oortreding en hy sal dan 'n dagvaarding ontvang. Die opname wat die kamera gemaak het, kan in enige Namibiese hof as bewysstuk dien,” het Eiseb gesê.
Volgens hom vereis die lasertoerusting 'n operateur wat ook spesiaal opgelei is en geakkrediteer is om dit te gebruik.
Die spoedkamera kan elke twee sekondes 'n oortreder afneem.
Die kameras wat met radar werk, is outomaties en vereis geen operateur nie.
Hulle kan vyf oortreders terselfdertyd afneem.
“Dit is deel van die stadspolisie se korttermynoplossing vir die Westelike verbypad.
“Sedert Augustus 2017 het ons ons sigbaarheid op die pad verbeter en noudat die toerusting goedgekeur is, sal ons nog strenger teen oortreders optree,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie