Spoed deur strate word met prysgeld beloon
Laat inskrywings sal nog Saterdagoggend gedoen kan word.
Tielman van Lill - Die vyfde weergawe van die gewilde Omaruru-straatmyl met PowerSave as hoofborg is dié week in die hoofstad geloods.
Die jaarlikse gebeurtenis vind Saterdag plaas waar PowerSave met 'n reusebedrag van N$110 000 opnuut sy merk in die plaaslike gemeenskap maak, terwyl Marathon Sugar en FNB Omaruru onderskeidelik N$20 350 en N$5 000 belê. Coca-Cola sorg met drinkgoed dat die droë kele gelawe word en Polana Pasta help met die verrassingspakkies wat aan die deelnemers gegee word.
Mnr. Bethold Karumendu, streeksportbeampte van Omaruru en 'n dryfveer in die Erongostreek, sê die prysgeld vir die eerste drie plekke vir senior mans en vroue bly dieselfde as in 2016. Die wenners van goue medaljes sal N$5 000 vir die dag se moeite ontvang, terwyl silwer N$3 000 en brons N$2 000 werd is.
Al die afdelings sal kontantpryse ontvang en selfs die jong drawwertjies jonger as tien jaar kan hulle vir 'n lekker verassing regmaak.
Sedert die geleentheid in 2013 ontstaan het, het die byeenkoms al gewilder geraak en nagenoeg 947 langasems het verlede jaar die myl (1 609 m) kafgedraf. Die eerste kompetisie het maar 484 deelnemers gelok.
“Ons gaan nie al die deelnemers gelyk laat wegspring nie, maar verskillende wedlope vir elke kategorie aanbied waar atlete tot hul reg kan kom. Omrede die wedloop steeds groei en die Omaruru-myl sy vyfde bestaansjaar vier, verwag ons Saterdag 'n geskatte 1 000 deelnemers.
“Ons verwag dat drawwers van Botswana soos verlede jaar weer hul vernuf hier gaan kom toets. Met meer geld tot ons beskikking gaan hierdie byeenkoms tot een van die grootstes in Namibië groei,” het Karumendu trots vertel.
Mnr. Armand Steyn van PowerSave sê die hoofborg is bevoorreg om vir die vyfde agtereenvolgende jaar by die kompetisie betrokke te wees.
“Met ons belegging in Omaruru en sport, ontmoet ons die regering halfpad en help om atlete te ontwikkel. Sport ontwikkel dissipline en dit is wat ons by die jeug wil tuisbring,” het Steyn gesê.
Die eerste wedloop sal om 07:30 afgesit word, waarna die res van die afdelings met tussenposes van 30 minute sal wegspring. Die senior mans sal om 11:30 die laaste deelnemers wees wat in die pad val. Die prysuitdeling geskied om 13:00. Atlete wat nog wil inskryf het tot Saterdagoggend sewe-uur tyd om dit te doen.
Vir juniors tot en met 19 jaar is registrasie verniet, terwyl ander N$40 betaal.
Die wegspringtye is om 07:30 vir besigheidsmense; 08:00 vir meisies 10-13 jaar. 08:30 seuns 10-13 jaar. 09:00 meisies 14-19 jaar. 09:30 seuns 14-19 jaar. 10:00 veteraan mans en vroue 40-49 jaar. 10:30 meesters mans en vroue 50 en ouer. 11:00 senior vroue 20-39 jaar. 11:30 senior mans 20-39 jaar.
'n Totaal van N$65 800 aan prysgeld sal in die tien afdelings uitbetaal word.
- Bykomende inligting Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie