Splinternuwe paspoort sonder stempels
Ek is baie trots op al my ou paspoorte met hul stempels, visums en my geelkoorskaart.
Elke ou paspoort van my vertel 'n mooi verhaal van al die lande waar ek al in die wêreld was.
Die visum wat ek die maklikste in 'n vreemde taal en land gekry het, was op die lughawe van Abidjan in Ivoorkus. Alhoewel die immigrasiebeampte net Frans kon praat en ek in Engels op sy vrae geantwoord het, is my visum tjoef-tjaf in my paspoort geplak.
My naweek by Assinië aan die Ivoorkus was een van die mees idilliese wegbreekreise ooit.
Ek het ook al sonder die nodige visum in my paspoort in een van my gunstelinglande waar ek al baie met 'n ander paspoort gaan reis het, aangekom en is net daar en dan gedeporteer. Ja dis dom, maar sulke dinge gebeur as jou werk jou lewe oorheers en administrasie jou swakpunt. Dit was hartverskeurend en selfs my tranedal kon die die nare onbekofte immigrasievrou nie oortuig nie Ek het drie dae aaneen op vliegtuie en lughawens bestee.
Nou is ek die gelukkige eienaar van 'n splinternuwe paspoort sonder enige stempels of visums. Ek was so trots toe ek na die agterstand van paspoorte en lank staan in 'n ry by die ministerie van binnelandse en immigrasie uiteindelik my kraakvars paspoort in Januarie gekry het.
Ek is Dubai toe genooi, maar daarvan het ook dadels gekom. Van alles het daar dadels gekom toe die Covid-19-pandemie uitgebreek het. Dadels het ook nie in drank verander nie.
Nou sê die Internasionale Lugvaartvereniging (Iata) internasionale reis gaan nie gou herstel nie - dalk nie voor 2023 nie. Niks gaan gou herstel nie, veral nie ons reusagtige finansiële verliese wat ons tydens hierdie nare pandemie gaan ly nie.
Ek is geensins mal oor vliegtuie of lughawens nie. Ek het al my hartseerste koebaais op lughawens gesê. Tog is ek verslaaf aan reis. Of dit nou met die langpad of met 'n trein of 'n boot is. Ek verdra 'n lugreis en vaal vliegtuigkos as ek sinuspille teen oorpyn het of oorpluisies teen stout skreeuende kinders het.
Nou reis ons maar binnelands. Ons moet nou plaaslike toerisme om werksverliese te voorkom en te sorg dat omgewingsbewaring voortduur. Hoe minder inkomste daar vir toerisme is, hoe meer gaan mens-dier-konflik en stropery gedy. Ons kan nie nog ons kosbare fauna en flora ook verloor nie.
Klim in jou 4x4, of karretjie of skôrrô-skôrrô of donkiekar met jou masker, pak jou tent, driebeenpot, stapskoene en kamera en reis in hierdie beeldskone land van ons.
Daar is baie asemrowende wegsteekplekkies wat ons almal nog nie gesien het nie. Gaan ontdek die geheimenisse van ons land.
Die lewe is immer 'n onbekende, maar avontuurlike reis. Geniet dit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie