u201cSpinningu201d was nog nooit so Vankie nie
u201cSpinningu201d was nog nooit so Vankie nie

“Spinning” was nog nooit so Vankie nie

Dié waaghals se gunstelingtoertjie is om kop onderstebo uit haar bewegende voertuig te hang.
Tanja Bause
Tanja Bause – ’n Horde mense drom saam om rokende bande en karre wat spin.

Die opwinding is groot en die toertjies waaghalsig.

Onder die voertuie is ’n rooi BMW en die mense hou hul asems op.

Wanneer die kar uiteindelik tot stilstand kom, klim ’n fyn, skraal meisie uit.

Vankies, soos almal haar ken, is een van min vroue en boonop die jongste wat aan die motorsport deelneem.

Evanka Möller (21) is op Rehoboth gebore en het haar skoolloopbaan aan Hoërskool Centaurus in Windhoek voltooi. Sy werk tans by ’n argitekfirma.

“Ek het op hoërskool op TV gesien hoe mense aan die sport deelneem, en dit het my aandag getrek. Ek het nog altyd van voertuie gehou, en die sport het my begin interesseer,” sê sy.

Vankies het vertonings begin bywoon, en Joel Nambahu sr. het haar meer van die sport geleer.

Dit was nie lank voor sy Immanuel Ekomeu leer ken het, wat haar onder sy vlerk geneem het en haar geleer het om te spin nie. Toe was sy 19 jaar oud.

“Imannuel is steeds my mentor.”

Dié twee en ’n span motorwerktuigkundiges is vennote in die Driver Red Motorsports-span.

Die voertuie wat gespin word, is BMW’s wat spesiaal vir dié doel aangepas is.

“Hulle het baie krag. Dit is nie die soort voertuig waarin jy sal klim om gou see toe te ry nie.”

Vankies sê daar is twee soorte spinners.

“Jy kry die binne die kar-spinner – jy spin jou voertuig sonder om dit te verlaat. Dan kry jy die toertjie-spinner. Dit is nou wanneer jy jou voertuig verlaat terwyl jy spin. Jy klim byvoorbeeld by die een venster uit, oor die dak en dan weer by die ander venster terug in jou kar, terwyl die stuurwiel gesluit is en jou voertuig op sy eie spin.”

Vankies se gunstelingtoertjie is die suicide slide.

“Dié toertjie is die gevaarlikste een wat ons doen. Jy hang basies by jou venster aan die bestuurskant uit met jou kop na onder. Jy hou nêrens vas nie, en net jou bene is in die voertuig. Die stuurwiel is gesluit en die voertuig spin op sy eie. Die is gevaarlik, maar die adrenalien wat in daai oomblik deur jou liggaam vloei, is ongelooflik.”

Die hele idee van die vertonings is om soveel moontlik rook te maak met die agterste bande, en om die bande te bars.

“Om een band te bars, is baie goed, maar dis baie beter as jy beide kan bars,” sê sy.

Hoewel die sport baie gevaarlik klink, is dit baie veilig en sodra mense daarin belang stel, word hulle die veiligheidsmaatreëls eerste geleer, sê Vankies.

“Jy mag geen alkohol of dwelms gebruik nie, en voor jy in die voertuig mag klim en deelneem, word jy vir alkohol getoets.”

Vankies en ander spinners was onlangs in Angola waar hulle aan die Angola Street Racers(ASR)-motorskou deelgeneem het.

“Die skou is een van die grootstes in Angola. In Angola spin mense nie – hulle doen net drag racing (versnelwedrenne) en drifting. Dit was baie opwindend om vir hulle te wys wat ons doen, en ek was ook die enigste vrou daar wat deelgeneem het.”

Vankies kan die skare slegs vermaak, omdat daar geen kategorie vir vroue is waaraan sy kan deelneem nie.

Sy hoop dit verander in die toekoms, en dat meer vroue daarin belang sal begin stel.

“Dit is soms ontsettend moeilik om aan dié sport, wat deur mans oorheers word, deel te neem. Hulle sien op vroue neer en dink nie ons kan dit doen nie. My grootste droom is om meer vroue na die sport te lok, want ons is net so bekwaam en goed soos mans.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A