Spice Girls volgende jaar weer saam!
Daar is goeie nuus vir popmusiekaanhangers – die Spice Girls beplan ’n reünie vir 2018.
Al vyf lede sal na verwagting herenig vir ’n dokumentêre TV-program. Boonop is ’n splinternuwe album ook op pad ná jare van gerugte.
The Independent berig Mel C het stilletjies saam met die groep se voormalige bestuurder, Simon Fuller, gewerk om Victoria Beckham, Mel B, Emma Bunton en Geri Horner vir oulaas bymekaar te bring.
’n Bron het aan The Sun gesê al vyf is by geheime gesprekke betrek en dat almal aan boord is vir die 2018-reünie.
“Hulle sal saamwerk aan verskeie projekte, insluitende ’n album en ’n spesiale TV-uitsending oor die Spice Girls.
Alles wat dié vroue raak, is gewoonlik ingewikkeld, omdat hulle almal so besig is. Dit is ook nie maklik om hulle almal op dieselfde plek op dieselfde tyd te kry nie.
“Om Victoria te kry om in te stem was ’n groot ding – sy was nog altyd die een wat nie lus was vir ’n reünie nie. Die feit dat sy nou aan boord is, is te danke aan hegter bande tussen die vyf.”
Die legendariese groep, bekend vir treffers soos “Friendship Never Ends” en “Wannabe”, het glo op ’n persoonlike vlak nader aan mekaar gekom ná Mel B se plofbare egskeidingsaak. Die geboorte van Geri se seun, Monty, was ook glo ’n “verenigende krag”.
Volgens die bron is planne nog in ’n vroeë fase.
Die groep het die laaste keer in 2012 saam opgetree ten tyde van die Olimpiese Spele se afsluitingseremonie in Londen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie