Speurder getuig oor moordtoneel, arrestasie
Speurder getuig oor moordtoneel, arrestasie

Speurder getuig oor moordtoneel, arrestasie

Die polisie het binne ure die verdagtes opgespoor sonder dat veel bewyse by mnr. André Heckmair se moordtoneel gevind is.
Frank Steffen
Stefan Noechel – Sowat tien polisiebeamptes het die twee Amerikaners en moordverdagtes, mnre. Marcus Thomas en Kevan Townsend, by die African Sky Guesthouse in kamer 5 in hegtenis geneem.

Die verdagtes is binne drie tot vier uur ná die moord op mnr. Andre Heckmair op 7 Januarie 2011 in hegtenis geneem.

Dit volgens speurder Joseph ­Ndokosho van die Namibiese polisie (Nampol) se getuienis dié week in die Windhoekse hoërhof waar die moordverhoor tans voortduur.

Ndokosho – wat reeds 20 jaar in die polisie is – was een van die eerste beamptes wat dié Vrydagmiddag op die noodoproep gereageer het.

Hy het onmiddellik na Guisindestraat gery waar hy lede van die Windhoekse stadspolisie en Nampol se noodeenheid by die toneel ontmoet het. Hy het omstreeks 13:15 by die toneel opgedaag.

Ndokosho het op staatsaanklaer Antonia Verhoef se versoek die moordtoneel beskryf. Die wit Toyota Land Cruiser, wat aan Heckmair se suster behoort het, se voorkant was na Nelson Mandelarylaan gedraai. Daar was volgens hom een persoon in die bestuurder se kant en hy het 'n skietwond aan die regterkant van sy kop gehad.

Die bestuurder se venster was gedeeltelik afgedraai. Die man se hemp was oopgeknip en die paramedici het hom reeds dood verklaar.

Ndokosho het na leidrade begin soek. Volgens hom het hulle geen selfoon, beursie, identiteitsdokument, ­bestuurderslisensie, vuurwapen of koeëldoppies op die toneel gevind nie.

Selfdood is volgens hom aanvanklik vermoed, maar die afwesigheid van 'n vuurwapen het dié scenario in twyfel getrek.



FAMILIE OP TONEEL

Ndokosho het getuig Heckmair se familie het 'n rukkie later op die toneel aangekom.

Hulle het Heckmair se selfoonnommer aan die polisie verskaf en gesê hy het 'n middagete-afspraak met twee Amerikaners gehad.

Nadat die ondersoek by die toneel afgehandel is, het 'n toesighouer van Ndokosho, hoof-inspekteur Musweu, hom opdrag gegee om na die polisie se hoofkantoor in Bahnhofstraat te gaan om die saak aan te meld en 'n saaknommer te kry.

'n Ander polisiebeampte, Kantema, het volgens oproepdata-state na die kantore van die mobiele ­telekommunikasie-maatskappy (MTC) gegaan om oproepdata-state van Heckmair se selfoonnommer te kry.

Tydens 'n vergadering later dié middag is dit vasgestel die laaste nommer wat met Heckmair voor sy dood ­gekommunikeer het, was 081 681 4153 en die nommer behoort glo aan Thomas.

Kantema was volgens Ndokosho in die besit van 'n fotokopie van Marcus se Amerikaanse bestuurderslisensie.

Pogings om die nommer te bel, was onsuksesvol aangesien die selfoon af was. Die polisie het uitgevind Thomas gaan by die African Sky-gastehuis tuis en hy ry 'n wit Volkswagen Citi Golf. Die polisie het met voorbereidings begin om die gastehuis dop te hou.



INHEGTENISNEMING

Ndokosho het gesê met hul aankoms by die gastehuis het die ontvangs­dame die verdagtes se kamer uitgewys.

Die polisie het glo hulself by die kamerdeur geïdentifiseer en op toegang aangedring. Die deur was gesluit en eers nadat een van die beamptes gedreig het om met geweld die kamer binne te kom, het die verdagtes die deur oopgemaak.

Al twee verdagtes is ná 'n vlugtige geskarrel in hegtenis geneem.

Die polisie het die kamer deursoek en polisiebeampte Alfonso het 'n klein hoeveelheid dagga gevind en dit het die polisie die reg gegee om die twee mans op 'n klag van dwelmbesit in hegtenis te neem.

Volgens Ndokosho was daar nie op die eerste dag van die soektog enige bewyse gekry wat die twee verdagtes aan die Heckmair-moord verbind nie.

[email protected]

FOTO
Die 25-jarige André Heckmair is op 7 Januarie 2011 in ’n motor in Windhoek met een skoot in die kop doodgeskiet. Foto Argief

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.36/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.48% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.90/BBP UP +0.01% | Platinum US$ 910.45/OZ DOWN -0.0059 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.36/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.48% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.90/BBP UP +0.01% | Platinum US$ 910.45/OZ DOWN -0.0059