Spesiale volksmoord-hulp droog op
Die Duitse regering het meer as 100 jaar ná die volksmoord meer as 'n half miljard Namibiese dollar aan projekte in geraakte gemeenskappe bestee, maar dít het nou tot 'n einde gekom.
Estelle de Bruyn - Volgens 'n ooreenkoms met Namibiese owerhede, is grootskaalse hulp aan gemeenskappe ná die volksmoord nou gestaak.
In 2004 het die destydse Duitse minister van ekonomiese samewerking, me. Heidemarie Wieczorek-Zeul, Namibië besoek om die 100 jaar-herdenking van die slag van Ohamakare te herdenk.
By die geleentheid is die begin van die diep verdelende koloniale oorlog, wat 'n uitwissingsbevel van genl. Lothar von Trotha teen die Ovaherero- en Nama-mense behels het, herdenk.
Dit was tragiese tye. Sou dit vandag gebeur het, sou dit as 'n volksmoord geklassifiseer word, het Wieczorek-Zeul gesê.
VOLKSMOORDE VAN DIE 20STE EEU
Vandag, 113 jaar later, lyk die wêreld anders.
Menseregte word internasionaal erken en die Verenigde Nasies (VN) se Handves van Menseregte gee sedert 1948 riglyne vir nasies en weermagte se optrede. Ongelukkig word daar nie altyd hieraan gehoor gegee nie.
'n Internetsoektog na volksmoorde bring die volgende aan die lig:
Die uitwissing van Jode in die Tweede Wêreldoorlog (die Holocaust) het tussen 1939 en 1945 die lewens van tussen 4 miljoen en 6 miljoen mense geëis. Die sogenaamde Generalplan wat Slawiese mense tussen 1941 en 1945 geteiken het, het die lewens van tussen 4,5 miljoen en 13,7 miljoen mense geëis. Die Holomor in die Oekraïene tussen 1932 en 1933 het die lewens van tussen 1,8 miljoen en 7,7 miljoen mense geëis. In Rwanda het die volksmoord in Kambodja tussen 1975 en 1979 die lewens van tussen 1,7 miljoen en 3 miljoen mense geëis, en in 1994 het tussen 500 000 en 'n miljoen mense hul lewens in Rwanda in 'n volksmoord verloor.
Dié syfers kan nie met 'n groot land soos Namibië met 'n klein bevolking vergelyk word nie. Tussen 24 000 en 100 000 Herero's en 10 000 Namas het hul lewens in die nadraai van Von Trotha se uitwissingsbevel verloor.
VERSKONING
Toe Wieczorek-Zeul Namibië in 2004 besoek het, het sy in haar persoonlike hoedanigheid verskoning gevra vir die gebeure van 1904 tot 1908.
Sy het egter besef dat "jammer" nie genoeg is nie en het 'n plan beraam om verdere bystand te verleen - vandaar die spesiale inisiatief.
Dít was benewens die bestaande bilaterale ontwikkelingshulp wat miljarde Namibiese dollars beloop het.
'n Bilaterale memorandum van verstandhouding is 'n jaar later tussen die Namibiese regering en Duitsland gesluit om die gemeenskappe wat deur die volksmoord geraak is, te help. Dit is in 2007 geïmplementeer.
Duitsland se ambassadeur na Namibië, mnr. Christian Schlaga, het in 'n onderhoud met Republikein meer besonderhede oor dié spesiale inisiatief verstrek.
SPESIALE INISIATIEF
Die spesiale inisiatief het 'n vennootskap tussen die Nasionale Beplanningskommissie, die Kantoor van die Eerste Minister (OPM) en die Duitse regering behels met baie insette van die geteikende plaaslike gemeenskappe.
Die OPM was die implementeringsarm van die inisiatief.
In die proses om seker te maak dat gemeenskappe werklik kry wat hulle nodig het, is plaaslike owerhede, nedersettings en tradisionele owerhede geraadpleeg om uit te vind wat gemeenskappe se behoeftes is.
"Dit was buitengewone bystand en, anders as gewone bilaterale ekonomiese samewerking, met 'n sterk fokus op deelnemende ontwerp. Dit was glad nie van bo af ondertoe bestuur nie, maar van onder af op. Ons het mense op die grond gevra wat hul behoeftes was. Daar was egter 'n voorwaarde: Dit moes die lewensomstandighede in die gemeenskappe verbeter. As gevolg van die geskiedkundige agtergrond is landelike gemeenskappe in Erongo, Hardap, //Karas, Khomas, Kunene, Omaheke en Otjizondjupa geteiken en veral die armste mense in die streke,” sê amb. Schlaga.
GEMEENSKAPSDEELNAME
Hy beklemtoon dat daar 'n sterk vlak van gemeenskapsdeelname was, en ook van die regering, tradisionele owerhede en die Duitse implementeringspan. Vir elke projek was daar 'n spesiale projekbestuurspan om na aspekte van die implementering om te sien. Dít in samewerking met die lynministeries.
"Daar was 'n reusenetwerk van deelname en samewerking wat dit 'n projek gemaak het waarby verbruikers buitengewoon betrokke was. Dit het baie tyd in beslag geneem," sê Schlaga.
Die bystand was hoofsaaklik op die gebiede van onderwys, gemeenskappe, water en landbou.
Skole, die jeug, sport, gemeenskappe en kulturele- en veeldoelige- en kommersiële sentrums waar klein en medium-sakeondernemings gehuisves kan word, landelike infrastrukture, kampeerplekke, fees- of erfenisplekke, of klein SME-plekke wat vir plaaslike gemeenskappe die geleenthede bied om geld te verdien, is op die been gebring.
In die landbousektor is bystand met die voorsiening van beeste, skape en bokke in troppe van verskillende groottes aan betrokke gemeenskappe verleen.
Groentetuine is ook in verskeie gemeenskappe tot stand gebring.
Die spesiale inisiatief het ook gehelp met die rehabilitasie van 162 boorgate wat minstens 800 huishoudings en hul lewende hawe tot voordeel gestrek het.
ONDERWYSSEKTOR
Die opvoedkundige sektor het die leeueaandeel van die spesiale inisiatief gekry. Sowat die helfte van die 36 miljoen Euro (N$520 miljoen) wat vir die hele spesiale inisiatief deur Duitsland bewillig is, het is aan onderwysprojekte bestee. Laerskole is opgerig, en klaskamers, administratiewe geboue, koshuise en behuising vir onderwysers is gebou.
Uit die evaluering, ná die projek tot 'n einde gekom het, blyk dit daar was ook uitdagings, sê Schlaga.
Die aanvanklike bedrag wat deur die Duitse regering vir die spesiale inisiatief bewillig is, was 20 miljoen euro. Dié bedrag is twee keer vergroot.
"Daar was 'n ooreenkoms met die Namibiese owerhede dat dit nou beëindig word," het Schlaga gesê.
Gevra oor wat die reaksie van mense op voetsoolvlak was, het Schlaga gesê: "Met tye wanneer projekte oorhandig is, was daar opregte waardering van die plaaslike gemeenskap, soos op Koës en toe die plaaslike burgemeester, die bestuurskomitee en die inwoners van die gemeenskap vir die oorhandiging byeengekom het. Ongeag watter soort projek dit was, het die mense op voetsoolvlak hul waardering betuig."
Benewens die spesiale inisiatief het Duitsland, soos Wieczorek-Zuel belowe het, ook ontwikkelingshulp nie net verdubbel nie, maar verdriedubbel, het Schlaga gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie