'Spesiale agente' betrek by kaktusoorlog

Insekte is voorvegters

04 September 2019 | Omgewing
Tanja Bause



Vir die eerste keer in 30 jaar is twee inseksoorte in Windhoek vrygelaat met die doel om twee van die ergste indringerkaktusse te verminder.

Indringerkaktusse is die ergste onkruid in Namibië. Nie een daarvan is inheems nie en is van Noord- of Suid-Amerika ingebring.

Kaktusse het nie baie aandag of water nodig nie en groei maklik. Die plante is oraloor die land versprei. Dit skep 'n groot probleem omdat dit inheemse plante en diere bedreig. Die grond waarop dit groei, verloor waarde en diere kan nie meer op die grond wei nie, want hulle word deur die dorings beseer.

Me. Gunhild Voigts, stigter van die veldtog Cactus Clean-Up, verwyder sedert 2016 saam met vrywilligers die kaktusse in Windhoek. Twee van die ergste indringers in en om die hoof­stad is die kabelturksvy (Cylindropuntia imbricata) en die ­slangkopturksvy (Harrisia-pomanensis). Daar is nou nuwe wapens teen die indringers: Die cochenille-insek (­Dactylopius opuntiae) vir die kabelturksvy en die wolluis (Hypogeococcus festerianus) vir die slangkopturksvy.

Dié biologiese beheer-agente word deur die Biobeheerkomitee in samewerking met die Namibiese Kamer van Omgewing (NCE) en die Plantkundige Vereniging (BotSoc) bestuur.

Die insekte voed net op dié kaktusse en maak dit stadigaan dood.

Wanneer die kaktusse vrek, vrek die insekte. Navorsing in Australië en ­Suid-Afrika het bewys die insekte is gasheer­spesifiek, en het met groot sukses die indringerkaktusse in daardie lande beheer.

Dr. Iain Paterson van die sentrum vir biologiese beheer by die Rhodes-­universiteit in Suid-Afrika het die insekte met die toestemming van die ministerie van landbou, water en bosbou op 22 Augustus by die ­Avisdam en naby die Waldorf-skool in Windhoek vrygelaat.

“Ons weet dat die agente veilig is en slegs die kaktusse sal doodmaak, maar dit sal tyd vat en ons moet geduldig wees. Dit sal seker vyf jaar vat vir die kabelturksvy om te vrek. Die ­kaktusse sal nooit heeltemal uitgeroei word nie. Daar sal altyd 'n paar plante oor wees waarop die insekte sal voortbestaan. Sodra die ­kaktusse meer word, sal die insekte ook, en dus die kaktusgetalle beheer,” het Paterson gesê.

Dit is die eerste keer in 30 jaar dat insekte as biologiese beheer-agente in Namibië vrygelaat is.

“Dit is 'n beduidende stap en hopelik sal ander biologiese beheer-agente vir baie ander probleem-indringer­plante in die land oorweeg word. Dit is 'n omgewingsvriendelike, effektiewe en volhoubare metode.”

Cactus Clean-Up gaan intussen voort om die kaktusse met die hand uit te haal, volgens Voigts.

“Ons kan nie nou ophou nie. Daar is 23 verskillende ­indringerkaktusse in en om Windhoek geïdentifiseer. Die insekte bekamp nou eers die twee grootste sondaars en ons help hulle. Binnekort sal nog wolluise vir die bekamping van die suurturksvy (Opuntia stricta) vrygelaat word.”

Daar is 120 en 150 hope ­ontwortelde kaktusse in Windhoek.

“Al die sade is verwyder en verbrand sodat dit nie kan versprei nie. Ons hoop as die reën kom, sal die hope in kompos omskep word. Ons moet ook gedurig die plekke monitor wat ons klaar skoongemaak het, omdat die kaktusse weer kan versprei uit 'n klein stukkie wat agtergebly het.”

[email protected]

Soortgelyk

 

Kawana gee besonderhede oor viskwotas

2 ure gelede | Visserye

Nuwe aansoekers sal 56,2% van viskwotas ontvang en bestaande regtehouers die balans van 43,8%.Dr. Albert Kawana, wat as nuwe minister van visserye en mariene hulpbronne...

Namibië het nou 23 bevestigde Covid-19-gevalle

14 ure gelede | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19 (nr. 23) is 'n 38-jarige Namibiese vrou wat op 23 Mei vanaf Dar es Salaam, Tanzanië na Namibië...

The cream of the crop

14 ure gelede | Mense

Ester KamatiMonica Gwala (Niilenge), the owner of Mo-nize Farmstead Fresh Produce, is the only entrepreneur amongst six siblings, specifically in the field of agriculture –...

Namibië oper, Walvis toe

14 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die staatshoof, pres. Hage Geingob, sê fase 3 wat Dinsdag in werking tree, gaan van Namibiërs vereis om groter verantwoordelikheid vir hul...

Baie meer as miljard vir Air Nam nodig

14 ure gelede | Regering

Ronelle Rademeyer – Die N$984,6 miljoen wat in die nuwe boekjaar uit die belastingbetaler se sak na die nasionale redery gaan vloei, sal net “die...

Weer vir 29 Mei 2020

14 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud in die oggend, andersins sonnig en matig tot warm, maar warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm. GETYE...

Ouwêreldse vermaak by 'nuwe' inryteater

14 ure gelede | Kuns en vermaak

Yandi du PlessisDalk is jy al keelvol vir Netflix of ShowMax, of bloot net uitgekuier om by die huis te sit. Dalk verlang jy na...

Vier 'renosterstropers' verskyn in camera

14 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Vier van die agt verdagtes wat vandeesweek in verband met renosterstropery en -horingsmokkelary vasgetrek is, het gister in camera in die streekshof...

San gebruik spaargeld vir wateraanleg

14 ure gelede | Omgewing

Die San-gemeenskap in die N‡a Jaqna-bewaringsgebied se water­infrastruktuur is al vir jare 'n uitdaging. Water is 'n skaarste in Namibië en inwoners van dié bewarings­gebied...