Spelers mag nog net stokke poets
Gholf
Tielman van Lill – Normaalweg teen dié tyd van die jaar sou amateurspelers van Namibië, Suid-Afrika en 'n dosyn ander Afrika-lande gereed gewees het om mekaar in Namibiese hoofstad om die Windhoek Lager Afrika-titel te pak.
Sedert 2017 is die eindtoernooi van die prestigeryke Windhoek Lager Internasionale Parespel Suidelike Afrika-kampioenskap (WLIPSA) ook na Namibië gebring. Maar vanjaar sit die borg en die eienaars van die Internasionale Parespel-kampioenskap hoog en droog vir goeie nuus en wag.
Weens die Covid 19-ontwrigting is gholf in beide Suid-Afrika en Namibië tans op die waglys om hul bedrywighede te hervat, terwyl oorgrens reise vir sport ook nog taboe is. Ofskoon professionele spelers in die RSA die wit balletjie mag jaag, is dié voorreg amateurs nie beskore nie.
Mnr. Johan Scholtz, mede-eienaar van die Internasionale Parespel-franchise, het aan Republikein gesê: “In hierdie stadium kan ons nog geen finale antwoorde aan jou verskaf nie. Ons wag nog in spanning om te sien wat gebeur. Ons is nou besig om inligting regoor die wêreld van ons verskeie lisensiehouers in te samel oor wat hul status is.
“Ek en Gerhard Conradie besit nou wêreldwyd die Internasionale Parespel-kompetisie, dus skakel ons direk met die verskillende lande om inligting te kry. Soos jy weet, is Suid-Afrika se gholfbane nog nie eens oop nie en ons weet tans glad nie wanneer amateurgholf weer aan die gang gaan kom nie.
“Maar ons sit nie stil nie en is besig om ons sake agtermekaar te kry om te besluit wat die beste vir die kompetisie in 2020 gaan wees om dit vorentoe te neem. Sodra ons die regte antwoorde het, sal ons onmiddellik 'n nuusverklaring uitreik om te verduidelik wat gaan gebeur,” het Scholtz gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie