Speenkalwers laat beursies bult

Terwyl produsente al die pad bank toe lag oor die goeie veilingpryse vir speenkalwers, flikker rooiligte vir die slagosmark.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Namibië se speenkalfseisoen het in Julie vol in die blom gestaan. Produsente het van die speenkalfveilings af teruggekeer plaas toe met pryse so hoog as N$34,24 per kilogram vir tollies en N$31,75 per kilogram vir verse in die sak.

Die rede: Suid-Afrikaanse voerkrale staan tou vir Namibiese speenkalwers.

Vir Agra het die eerste rekords begin spat by sy veiling op Grootfontein op 19 Julie waar 2 155 speenkalwers aangebied is en die omset vir dag N$14,5 miljoen beloop het.

Verteenwoordigers van tien voerkrale in Suid-Afrika het dit bygewoon.

By die veiling op Otjiwarongo is nog meer diere aangebied en by die een later in Windhoek, was die pryse selfs nóg beter.

Mnr. Johan Smith, mede-eienaar van Windhoek Livestock Auctioneers (WLA), is egter bekommerd daaroor dat omtrent 99 persent van die kalwers wat by veilings aangebied is, die land verlaat het en uit die waardeketting is.

Mnr. Titus Koen, hoofbestuurder: lewendehawe by Agra, stem hiermee saam.

“Daar is op die oomblik baie min plaaslike produsente wat speenkalwers koop. Die Suid-Afrikaanse voerkrale koop ons Namibiese speenkalwers op en betaal goeie pryse aangesien die mielieprys laer is. Die koopkrag is die sterkste in jare.”

Hy sê dit is nie ongewoon vir dié veilinghuis om tydens die speenkalfseisoen meer as 2 000 diere aan te bied nie. Die rekord die afgelope jare was 2 796.

Vanjaar het Agra se veilingkrale vanweë die goeie pryse egter uit hul nate gebars en tydens die veiling by Otjiwarongo is ’n nuwe rekordgetal van 3 022 speenkalwers opgeveil, sê hy.

“Die hoogste gemiddelde prys vir tollies was N$34,24 per kilogram en vir verse N$31,75 per kilogram, met die hoogste prys per kilogram vir tollies wat op N$36,10 per kilogram gedraai het en vir verse N$33,68 per kilogram.”

Wat bekommer, is dat die verse ook deur die voerkrale opgekoop word, sê Koen. Dit beteken Namibië gaan ’n tekort aan kommersiële teelmateriaal ontwikkel wat ’n impak op produksie in die toekoms gaan hê.

Impak op abattoirs

“Die hoë prys wat Suid-Afrikaanse agente tans by plaaslike veilings vir speenkalwers betaal, het ’n uitwerking op die hoeveelheid lewende diere wat Meatco vir sy voerkrale en ander fasiliteite kan aankoop. Dit sal ook ’n uitwerking op die deurset van slagdiere in die volgende twee tot drie jaar by die abattoir hê,” sê Meatco in sy Augustus-nuusbrief aan sy lede.

Die vleisverwerker waarsku dat wat tans besig is om in die speenkalfmark te gebeur, ’n negatiewe impak op Meatco se totale waardeketting sal hê.

“Die goeie reën wat Suid-Afrika die afgelope reënseisoen ontvang het en wat tot ’n goeie graanoes gelei het, het 'n daling in graanpryse veroorsaak. Dit het weer die vraag na speenkalwers by die Suid-Afrikaanse en Namibiese voerkrale tot gevolg gehad wat deur die herhalende droogte in die streek veroorsaak is. Die gunstige toestande in Suid-Afrika laat voerkrale speenkalwers teen lae pryse by Namibiese boere koop wat die veebedryf onderhou en laat herleef,” waarsku Meatco.

Die twee kritieke vrae tans in die beesvleisbedryf, is hoe hierdie tendens die volhoubaarheid van die landbousektor gaan raak en wat die gemiddelde boer sal aanmoedig om sy speenkalwers te hou en tot slagbeeste te laat groei.

Meatco se bestuurder vir kommersiële veeaankope, mnr. Abrie van Wyk, sê Meatco is onder druk om speenkalwers in die jonger gewigskategorieë teen hoë pryse te koop. Verder raak dit Meatco ook op die langtermyn aangesien die speenkalwers wat produsente nou bemark, die diere is wat in 2019 deur die abattoirs geslag moes word.

“Dit is nie vir Namibiese boere moontlik om nou speenkalwers teen hierdie hoë pryse te koop en as osse groot te maak nie,” sê hy.

Smith sê die situasie voorspel niks goed vir die uitvoerabattoirs nie. “Teen hierdie pryse is dit nie vir boere koste-effektief om speenkalwers tot osse te laat uitgroei nie.”

Hy meen sake sal nie verander voordat plaaslike abattoirs nie hul pryse verhoog om in pas te wees met die slagpryse wat Suid-Afrikaanse abattoirs betaal nie. “Die prysverskil is nou omtrent N$10 per kilogram.”

Van Wyk meen egter die grootste uitdaging vir Namibië is die gebrek aan grootskaalse voerproduksie om te verhinder dat speenkalwers na Suid-Afrika uitgevoer word.

Die toekoms

Ongeveer 160 000 tot 200 000 speenkalwers word jaarliks na Suid-Afrika uitgevoer, sê die Vleisraad van Namibië se bestuurder vir handel en strategiese bemarking, mnr. Goliath Tujendapi.

“Hierdie uitvoer van speenkalwers na Suid-Afrika wat tans op 61% staan, beteken ons voer ook rou materiaal en moontlike werkgeleenthede na die buurland uit en beïnvloed plaaslike ekonomiese groei.

“As gevolg hiervan is die Vleisraad van Namibië, as ’n statutêre liggaam wat uitvoere in Namibië vergemaklik, voortdurend met die regering oor plaaslike graanproduksie deur die Groenskema-projek in gesprek.

“Die Vleisraad wil verder verseker dat abattoirs en voerkrale genoeg speenkalwers het wat as slagbeeste grootgemaak kan word,” sê Tujendapi.

Hy meen slegs deur graanproduksieskemas plaaslik te vestig, kan die volhoubaarheid van die vleisbedryf verseker word.

Kommentaar

Republikein 2024-05-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.69 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.58 | USD to KES 131.23 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 80073 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1765.72 Up +0.63% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13444.34 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27228.85 Down -0.32% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 429.00/OZ UP +0.11% | Copper US$ 5.13/lb UP +1.06% | Zinc US$ 3 169.50/T UP 1.29% | Brent Crude Oil US$ 82.61/BBP DOWN -0.016 | Platinum US$ 1 052.02/OZ UP +0.20% Sport results: Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.69 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.58 | USD to KES 131.23 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 80073 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1765.72 Up +0.63% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13444.34 Up +0.14% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27228.85 Down -0.32% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 429.00/OZ UP +0.11% | Copper US$ 5.13/lb UP +1.06% | Zinc US$ 3 169.50/T UP 1.29% | Brent Crude Oil US$ 82.61/BBP DOWN -0.016 | Platinum US$ 1 052.02/OZ UP +0.20%